×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Die boek van alle dinge

Kuijer, Guus

Beskikbaarheid: In stock

R120,00

Quick Overview

Die verhaal speel in 1951 af en handel oor ’n negejarige seuntjie, Thomas, wat Die boek van alle dinge begin skryf. Daar word in Thomas-hulle se huis elke dag uit die Bybel gelees. Hy ken al hele stukke uit sy kop, wat hy op sy eie manier met humor en fantasie probeer verstaan. Sy pa hou nie van Thomas se manier nie. As sy ma weer eens met harde klappe deur sy pa tot die ware geloof gebring word, besluit Thomas dat dit tyd is vir ’n Egiptiese plaag. Daarom gooi hy lemoenstroop in die vistenk sodat die water soos die Nyl in bloed moet verander …
Thomas dink sy tienersuster is so dom soos ’n ui, maar hy is verlief op haar gestremde vriendin met die leerbeen wat kraak-kraak, Eliza. Hy sien gereeld dinge wat nie bestaan nie – sy ma noem hom haar “droomkoninkie” – en hy voer gesprekke met Jesus (soms lyk Hy soos Thomas se oupa en soms soos sy tante …). ’n Gawe buurtannie (wat deur die res van die buurt se kinders vir ’n heks aangesien word) neem hom onder haar vlerk en help Thomas om ’n leesklub te stig. Maar Thomas onderskep ’n briefie wat die tannie aan sy pa skryf (“’n Man wat sy vrou slaan, onteer homself”) en nadat hy sy suster moet vra wat “onteer” beteken, begin broer en suster vir die eerste keer gesels oor wat in hul huis aangaan. Hoe sal hulle dié moeilike huislike omstandighede te bowe kom?
“Die humor, intelligensie, ontroering en poësie maak dit ’n boek vir alle ouderdomme.” – The Washington Post
“Knap geskryf in egte Kuijer-styl. Hier is ’n skrywer aan die werk wat presies weet wat hy doen wat styl en woordkeuse betref.” – De Volkskrant
Die oorspronklike uitgawe, Het boek van alle dingen, is in 2005 bekroon met die Gouden Griffel- en die Gouden Uil-Jeugliteratuurprys.
OR

Details

Guus Kuijer (1942) is ’n Nederlandse outeur wat baie bekend is vir sy Madelief-reeks vir kinders. In 2012 het hy die Astrid Lindgren-prys ontvang vir sy lewenslange bydrae tot kinder- en jeugliteratuur, en in 2008 het hy die kortlys gehaal vir die Hans Christian Andersen-prys.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 03 Aug 2015
Skrywer Kuijer, Guus
Dimensies 137 x 213 mm
Formaat Hardeband
Bladsye 100
isbn 9781485302254
Genre Kinderboek

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.