×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Die reus Van der Bees

Elli Woollard

Beskikbaarheid: In stock

R150,00

Quick Overview

Hierdie boek geskryf deur Elli Woollard en pragtig geïllustreer deur die bekende en bekroonde Benji Davies, vertel die verhaal van die reus wat opsoek is na ’n kind vir sy maaltyd. ’n Seun genaamd Jan het ’n ander reus by ’n boontjierank uitoorlê – dus, wie sal dan nou beter smaak op ’n reusebord as dié klein karnallie.


OR

Details

Die reus Van der Bees is ’n nare ou brompot, en as hy honger raak, dan more en knor die grompot.

Hierdie boek geskryf deur Elli Woollard en pragtig geïllustreer deur die bekende en bekroonde Benji Davies, vertel die verhaal van die reus wat opsoek is na ’n kind vir sy maaltyd. ’n Seun genaamd Jan het ’n ander reus by ’n boontjierank uitoorlê – dus, wie sal dan nou beter smaak op ’n reusebord as dié klein karnallie.

OOR DIE OUTEUR

Elli Woollard is die skrywer van talle prenteboeke en kinderrympies. Sy skryf pittige, humoristiese rympies wat baie gewild is onder jong lesers. Dié boek, haar deubt, was ’n groot sukses in Engeland. Sy woon in Londen met haar man en vier kinders.

OOR DIE ILLUSTREERDER

Benji Davies het animasie gestudeer en werk aan ’n verskeidenheid projekte, van prenteboeke tot kort animasieprente en advertensies. Sy eie boek The Storm Whale (deur Protea Boekhuis uigegee as Die stormwalvis) het die Oscar’s Book Prize gewen. Sy tweede boek, Grandad’s Island (deur Protea Boekhuis uitgegee as Oupa se eiland) het die AOI World Illustration Award gewen in 2015, asook die Children’s Book of the Year-toekenning in 2016.

OOR DIE VERTALER

Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Hy is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy ’n IBBY internasionale toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date 06 Jul 2018
Skrywer Elli Woollard
Dimensies 280 x 224 mm
Formaat Hardeband
Bladsye 32
isbn 9781485309178
Genre Prenteboek

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.