×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Marthinus Theunis Steyn – President en volksman

Van Schoor, MCE

Beskikbaarheid: In stock

R275,00

Quick Overview

Enige land se geskiedenis lewer figure op waarvan die grootsheid nie deur tyd en vergetelheid gestroop kan word nie. In die Suid-Afrikaanse konteks is Marthinus Theunis Steyn só ’n figuur: ’n man wat hom selfloos aan sy volk gewy het en bereid was om alles vir sy mense se vryheid op te offer.
Hoewel meer as een biografie oor dié laaste president van die Oranje-Vrystaat in die jare kort ná sy dood verskyn het, bied prof. Van Schoor in hierdie werk besondere insig in die karakter en menswees van hierdie geliefde staatsman. Die leser word op boeiende wyse betrek by Marthinus Theunis Steyn se kleurvolle lewensverhaal: hoe hy nooit sy herkoms as Vrystaatse plaasseun verraai het nie en selfs as president in voeling met die eenvoudigste Boere gebly het; hoe hy sy uitmergelende siekte met volharding bly beveg het en hoe sy geloof in God en sy liefde vir sy gesin en sy erfgrond hom in tye van beproewing staande gehou het.


OR

Details

Prof. M.C.E. van Schoor, voormalige hoofleraar in geskiedenis aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, is 'n gerekende naam in geskiedkundige kringe. As meester op die gebied van die Anglo-Boereoorlog was prof. Van Schoor een van die stigterslede van die Suid-Afrikaanse Geskiedkundige Vereniging en beywer hy hom steeds vir die bewaring en instandhouding van Suid-Afrikaanse geskiedkundige monumente. 'n Rits boeke het oor jare uit hierdie ervare skrywer se pen verskyn, waarvan Generaal J.C.G. Kemp en die epiese woestyntog (2006) asook C.R. De Wet: Krygsman en volksman (2007) onder die Protea-drukkersmerk verskyn het. Hy woon in Bettysbaai en is beskikbaar vir telefoniese onderhoude.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Van Schoor, MCE
Dimensies 222 x 152 x 222 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 550
isbn 9781869193102
Genre Geskiedenis

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.