×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Oupa ontsnap

David Walliams

Beskikbaarheid: In stock

R225,00

Quick Overview

Baie jare gelede was Oupa ’n bobaasvlieënier in die Tweede Wêreldoorlog. Maar sedertdien is hy na die ouetehuis Twilight Towers toe gestuur waar die onheilspellende matrone Swine die septer swaai. Oupa en sy kleinseun, Jack, moet ’n waaghalsige plan beraam om te ontsnap. Min weet hulle dat die bose matrone hulle fyn dophou …



OR

Details

Baie jare gelede was Oupa ’n bobaasvlieënier in die Tweede Wêreldoorlog. Maar sedertdien is hy na die ouetehuis Twilight Towers toe gestuur waar die onheilspellende matrone Swine die septer swaai. Oupa en sy kleinseun, Jack, moet ’n waaghalsige plan beraam om te ontsnap. Min weet hulle dat die bose matrone hulle fyn dophou …

OOR DIE OUTEUR

David Walliams het die kinderboekwêreld stormenderhand verower. Tans is hy die grootste Britse kinderboekouteur wat die afgelope dekade gedebuteer het. Sy boeke het sover meer as 40 miljoen eksemplare in die Verenigde Koninkryk alleen verkoop, en is sover in meer as 40 tale vertaal – Afrikaans ingesluit! Mr Stink (Mnr Stink, 2016), The Boy in the Dress (Die seun in die rok, 2017), Gangsta Granny (Ouma is ’n kroek, 2015, 2017) en Billionaire Boy (Boudebiljoenêr, 2016) is aangepas vir Britse televisie. Ratburger (Rotburger, 2015) en Demon Dentist (Die tandeterroris, 2017) het albei die National Book Awards Children’s Book of the Year in Brittanje gewen. Dit is geen verrassing dat Walliams in dieselfde asem genoem word as sy held Roald Dahl nie.

OOR DIE ILLUSTREERDERS

Tony Ross is ’n baie suksesvolle kinderboekillustreerder wat bekend is vir titels soos Harry the Poisonous Centipede deur Lynne Reid Banks, en die Little Wolf-reeks deur Ian Whybrow. Quentin Blake is een van Brittanje se mees geliefde illustreerders en spotprenttekenaars. Hy is bes bekend vir sy samewerking met outeurs soos Roald Dahl, en sy illustrasies het verskeie pryse ingepalm, die Hans Christian Andersen-prys vir illustrasie ingesluit.

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboek¬vertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater en Binnelanders.

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date 26 Jun 2018
Skrywer David Walliams
Dimensies 197 x 127 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 456
isbn 9781485307075
Genre Kinderboek

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.