Zandra Bezuidenhout

zandra bezuidenhout protea

 

 

ZANDRA BEZUIDENHOUT

Zandra Bezuidenhout is gebore en het grootgeword in die Strand. Sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy werk onder meer as vertaler, onderwyser en deeltydse dosent, en tans as vryskuttaalpraktisyn. Later studeer sy verder aan die Universiteite van Stellenbosch en Leiden en in 2005 behaal sy ’n doktorsgraad in eietydse poësie van Afrikaans- en Nederlandstalige vroue. Sy publiseer ook kortverhale, artikels, rubrieke en resensies. Haar debuutbundel dansmusieke (2000) is met die Ingrid Jonkerprys bekroon en die tweede bundel Aardling verskyn in 2006 by Protea Boekhuis.

Werke deur die outeur.