Lategan Bredenkamp

lategan

 

 

 

LATEGAN BREDENKAMP

Lategan Bredenkamp het in Januarie vanjaar sy tagtigste verjaarsdag gevier en maak met Jan Leendert sy skrywersdebuut. Hy boer voltyds met skape op sy plaas in die Postmasburg-omgewing en skryf saans “om die stilte te verdryf”. Hoewel hy genoeg geleentheid het vir rondreis, laat hy selde sy boerdery vir meer as twee weke onder sy waaksame oog uit – en die jaarlikse familie-Kersfees op die plaas is ’n hoogtepunt op sy kalender.

 

Werke deur die outeur.