×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Van jagter tot wildliefhebber

Schoeman, PJ

Beskikbaarheid: In stock

R150,00

Quick Overview


P.J. Schoeman se naam was vir geslagte Afrikaanslesers sinoniem met verhale waarin natuurkennis en natuurgevoeligheid saampraat. Vir diegene wat as jong lesers met Schoeman kennis gemaak het, sal die lees van hierdie hersiene heruitgawe ’n nostalgiese ervaring wees – ’n erfenis om aan vandag se jong lesers oor te dra, en hulle aan dié wat ná hulle sal kom.
Jag is ’n avontuur wat jou wegvoer van vier mure na die oop ruimtes van groot Afrika en jou laat kennis maak met ontbering en volharding, met lekker spog en lekker eet. En die oog, die kamera en die sakboekie vervang nie in een dag die jagroer nie:
Daar was nagskaduwees in Dabula se stem.
“Unkosana ... liyakhiza – unkosana, dit misreën.” En toe sê hy: “As dit so khiza en die miswolke hang laag oor die rante, loop die buffels nie op hul ou paadjies nie. Ons sal hulle nie vandag kry waar hulle gister en eergister gesien is nie. Au, amadlozi ethu asilahhle – ons voorvadergeeste – het ons weggegooi.”
Ek wou hom nie glo nie; nie die eerste oggend wat ek my eie buffel kon gaan skiet nie.


Herdruk van die publikasie wat aanvanklik in 1969 by Voortrekkerpers verskyn het. Na twee herdrukke word dit in 2002 deur Protea Boekhuis gepubliseer in versorgde vorm. Hierdie herdruk het ’n nuwe omslag met ’n skildery deur Paul Bosman.




OR

Details

Gebore 20 September 1904, verwerf ’n doktorsgraad in Volkekunde in Londen. Doseer Volkekunde aan die US, tree in 1947 af om voltyds te skryf. Aangestel as hoofveldwagter in Namibië (1951). Toekennings: Scheepersprys vir Afrikaanse Jeuglektuur (1956 en in 1967), Perskorprys vir Jeuglektuur (1982). Publiseer 30 boeke. Oorlede op 5 Julie 1988 te Stellenbosch

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Schoeman, PJ
Dimensies 139 x 210 x 139 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 192
isbn 9781919825816
Genre Biografiese

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.