×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

13 Klutse kwyt: van Saambou tot die SAUK, werksherinneringe van dr. Anton

Prinsloo, A

Beskikbaarheid: In stock

R165,00

Quick Overview

Dr. Anton vertel self: "In 13 klutse kwyt onthou ek 47 jaar en 14 betrekkings se werksituasies: verreweg die meeste daarvan interessant of komies of albei. Die soet, het ek aanvanklik gedink, behoort darem die bietjie suur te oorheers. Maar die skryf hiervan het my 'n soeter les geleer: ek kon skielik insien dat die minder aangename toe te skryf was aan gefrustreerde kollegas wat deur die jare hulle werksdag gevrees het ? iets wat die werksomgewing versuur het. En ek hoop dat ek uiteindelik die meeste van hulle met 'n sagter kwas geteer het."


OR

Details

Dr. Anton Prinsloo het op 10-jarige leeftyd sy eerste stories in die kinderhoekie van die destydse koerant, Die Transvaler, gepubliseer en word sedertdien steeds deur taal betower. Hy het 13 betrekkings beklee voordat hy sy ideale werk by die SAUK as taaladviseur en omroeper raakgeloop het. Hy was onder meer voorsitter van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans en van die Komitee vir Taaladvies van die SAUK. Uit sy pen het ook verskyn Annerlike Afrikaans ('n woordeboek van kontreitaal), Feite, flaters, fiksie ('n versameling taaleienaardighede); Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom; ?n woordeboek van hedendaagse Omgangsafrikaans, Sleng, en was mede-outeur saam met prof. F.F. Odendal van 'n normerende woordeboek, Afrikaans op sy beste. Hy het ook as medeouteur aan die Supplement van die Etimologiewoordeboek van Afrikaans meegewerk. Sy werk is bekroon deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die FAK en die ATKV.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Prinsloo, A
Dimensies 135 x 215 x 135 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 260
isbn 9781869193065
Genre Memoir

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.