×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Aandete, Die

Koch, H(vert. deur Daniel Hugo)

Beskikbaarheid: In stock

R235,00

Quick Overview

Aan die ander kant van die lyn het my broer 'n diep sug gegee.
"Ek dink jy weet waaroor dit gaan" het hy gesê
"Weet Babette" het ek toe maar gevra.
"Ja. Daarom wil ek hê ons al vier moet by wees. Dit gaan ons al vier aan. Dis ons kinders."

Twee broers en hulle vrouens gaan een aand eet in 'n deftige restaurant: Paul Lohman, mislukte onderwyser en sy slim vrou Claire, saam met Serge Lohman, kandidaat vir die premierskap in die opkomende verkiesing, en sy vrou Babette. Teen die agtergrond van die bediening van keurige geregte en tipiese restaurantpraatjies ontvou 'n ontstellende verhaal.
Reg van die begin van die roman af is die leser bewus van onderliggende spanning. Paul, die verteller, kan sy broer duidelik nie verdra nie " Serge is immers suksesvol, aantreklik en beroemd " en aanvanklik lê die leser se simpatie dan ook by Paul. Maar gaandeweg word dit duidelik dat veel meer op die spel is as blote jaloesie tussen die broers. Soos een onthulling op die ander volg, word die leser gedwing om sy taksering van die vier volwassenes en hulle kinders aan te pas.
Die aandete is 'n onoortreflike roman wat die vraag vra in hoeverre jy as ouer vir die dade van jou kind verantwoordelik is.


OR

Details

Herman Koch (1953) is in Nederland bekend as televisiepersoonlikheid, rubriekskrywer en romanskrywer. Met Die aandete, waarvan al reeds 350 000 eksemplare verkoop het, maak hy sy internasionale deurbraak. Dit is reeds in dertien tale vertaal. Dié roman is ook bekroon met die NS Publieksprijs 2009.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Koch, H(vert. deur Daniel Hugo)
Dimensies 137 x 213 x 137 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 220
isbn 9781869199685
Genre Fiksie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.