×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Agterhuis, Die

Frank, A (vert. deur Lina Spies)

Beskikbaarheid: In stock

R140,00

Quick Overview

Die agterhuis, oftewel die dagboek van Anne Frank, is een van die mees gelese boeke in die wêreld. Hierin vertel die tienderjarige Anne die aangrypende verhaal van die Joodse gesin Frank se lotgevalle toe hulle tydens die Tweede Wêreldoorlog in Amsterdam vir die Duitse besetters moes wegkruip. Anne het die dagboek op 12 Junie 1942, haar dertiende verjaardag, present gekry. In die volgende maand, toe die vervolging van Jode ook in Nederland te erg raak, soek die Frank-gesin saam met ander ’n Joodse gesin skuiling in kamers agter die kantore van die onderneming waar Otto Frank gewerk het. In haar dagboek skryf Anne neer wat die gesin ervaar, sy lewer kommentaar op die dikwels gespanne verhoudings tussen die lede van die twee gesinne in die beknopte omstandighede en sy doen ook verslag oor die gewaarwordinge en gevoelens van ’n jong meisie in uiters moeilike omstandighede. Die dagboekinskrywings word in Augustus 1944 gestaak toe die “skuilgangers” aan die Nazi’s verraai is en almal na Duitse konsentrasiekampe gestuur is. Otto Frank het die konsentrasiekamp oorleef, Anne se dagboek weer opgespoor en dit laat publiseer. Sedertdien is dit uit Nederlands in vele tale vertaal en is nou ook in Afrikaans beskikbaar.



OR

Details

Lina Spies is 'n bekende Afrikaanse digteres en letterkundige. Sy het lankal 'n belangstelling in Anne Frank. Die vertaling van Die agterhuis is vir haar die vervulling van 'n ideaal. Prof. Spies woon in Stellenbosch en is beskikbaar vir onderhoude.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Frank, A (vert. deur Lina Spies)
Dimensies 213 x 137 x 213 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 350
isbn 9781869191887
Genre Outobiografiese

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.