Wolf Erlbruch ALMA prys wenner


Die wêreld se grootste jeugliteratuurtoekenning, die Astrid Lindgren Memorial Award, is pas toegeken aan Wolf Erlbruch.

Hierdie toekenning bevorder die belangstelling in jeugliteratuur en word deur die Sweedse Kunsteraad geadministreer. Erlbruch het reeds verskeie ander toekennings verwerf soos die Hans Christian Anderson Award en die Jugendliteraturpreis.


Nicol Stassen het 2 van Erlbruch se boeke uit Duits in Afrikaans vertaal en uitgegee:

 

Eend, Dood en Tulp

 

Eend, Dood en Tulp word as ‘n moderne klassieke meesterstuk beskou. Die teer verhaal neem jou op ‘n eksistensialistiese reis. Dit spreek tot beide kinders en volwassenes in 'n fyn meditasie oor die lewe en die alomteenwoordigheid van die dood.

Koop Eend, Dood en TulpI hier: http://www.proteaboekhuis.com/index.php/eend-dood-en-tulp.html



Leonard



Leonard
 is die verhaal van ‘n seun wat lief is vir honde maar terselfdertyd net so bang is vir hulle. Op ‘n dag vra hy ‘n fee om hom in ‘n hond te verander…

Koop Leonard hier: http://www.proteaboekhuis.com/index.php/leonard.html

 


 

Besoek The Bookseller se blad om die volgende artikel te lees:

German illustrator Erlbruch wins £445k Astrid Lindgren Award
Published April 4, 2017 by Heloise Wood
http://www.thebookseller.com/news/wolf-erlbruch-speechless-winning-astrid-lindgren-award-518651