Chris Marnewick

Die film Shepherds and Butchers, vervaardig deur Anant Singh, is pas met ’n 3de plek bekroon by die Berlynse Internasionale Filmfees. Die film is op die gelyknamige boek van Chris Marnewick, ’n afgetrede advokaat, gebaseer. Protea Boekhuis publiseer in Julie 2016 In die laksman se skoot, ’n Afrikaanse verwerking wat die skrywer gedoen het van die draaiboek.