×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Bloujaar (Herdruk)

Keina Swart

Availability: In stock

ZAR160.00

Quick Overview

Om grappies daaroor te maak dat sy eintlik ’n “girly ma” is wat hou van coffee shops en naels verf en in die winkels rondhang saam met sy sussies is een ding. Maar dat sy ma blatant vir hom sal lieg oor wat met sy pa aan die gang is en dan boonop maak dat hy in graad 7 – graad 7! – na ’n nuwe skool toe moet gaan: daarvoor gaan Rampie Malherbe haar nie gou vergewe nie.

OR

Details

Want sommer net so, onaangekondig, verander Rampie se hele lewe. Die een oomblik is hy en sy pa nog op die gholfbaan – en die volgende bly daar ’n Groot Skrik in Rampie se maag en word sy Dêrra ’n maer vreemdeling met bok-oë en hangskouers. En as alles by die huis goorder voel as ’n Wiskundetoets op ’n Vrydagoggend … hoe hanteer ’n mens vreemde vriende, simpel sussies en ’n SW-juffrou wat praat soos Jan van Riebeeck sonder om so bietjie die pad byster te raak?

OOR DIE OUTEUR

Keina Swart is reeds ’n gewaardeerde naam in joernalistiekkringe, nie net as nuusredakteur van Die Pos nie, maar veral ook danksy haar gereelde rubrieke in Rapport en Beeld. Haar kinderboek Hoekom praat grootmense so snaaks? het in 2011 ’n ATKV-Woordveertjie ingepalm – en met Bloujaar bewys sy dat sy ook met groot gemak vir en oor tieners kan skryf.

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date Apr 11, 2018
Author Keina Swart
Dimensions 137 x 213 mm
Format Sagteband
pages 144
isbn 9781485300465
Genre Jeug

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.