×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Bonita Avenue

Beskikbaarheid: In stock

R295,00

Quick Overview

Die lewenslustige Siem Sigerius is ’n briljante wiskundige, kranige judoka, rektor magnificus van die Universiteit van Enschede, en daar wink ook vir hom ’n belowende toekoms in die politiek. Sy vrou, sy pragtige, intelligente stiefdogters en ’n gemaklike, pastorale huis op die platteland voltooi die beeld van idille en sukses. Wanneer Sigerius egter agter die kap van die byl van sy stiefdogter Joni se duistere bedryf kom en sy misdadige seun boonop ook nog sy opwagting maak, dreig alles in sy idilliese bestaan om op katastrofiese wyse te ontplof.

Die kaleidoskopiese sederoman Bonita Avenue verhaal die ondergang van die Sigerius-gesin teen die agtergrond van Enschede se vuurwerkramp in 2000. Peter Buwalda se debuutroman is ’n portret van ’n era wat die gaping tussen generasies op meesleurende wyse aanpak.

OR

Details

OOR DIE SKRYWER

Peter Buwalda is ’n Nederlandse skrywer en redakteur by verskeie uitgewershuise. Hy is een van die stigters van die literêre tydskrif Wah-Wah. Bonita Avenue is sy debuutroman en is deur die Nederlandse uitgewershuis De Bezige Bij gepubliseer.

OOR DIE VERTALER

Zandra Bezuidenhout behaal in 2005’n doktorsgraad in eietydse poësie van Afrikaans- en Nederlandstalige vroue. Sy werk onder meer as vertaler, onderwyser en deeltydse dosent, en tans as vryskuttaalpraktisyn. Haar debuutbundel Dansmusieke (2000) is met die Ingrid Jonkerprys bekroon en die tweede bundel Aardling verskyn in 2006 by Protea Boekhuis.

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date 16 Okt 2017
Skrywer Peter Buwalda
Dimensies 137 x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 480
isbn 9781485305927
Genre Fiksie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.