×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Broers

Availability: In stock

ZAR160.00

Quick Overview

“Een keer per jaar gaan ons pa onderaan die trap staan en roep hy ons name in een asem boontoe, asof ons één broer met ’n lang naam is.”
Bart Moeyaert is die jongste van sewe broers op ’n ry. Daarom is die Belgiese koning sy peetpa en het hy ’n geskenk van die koninklike paleis ontvang: ’n goue beker en ’n goue lepel met ’n kroon en die letter B daarin gegraveer. Hy wonder nog steeds of die B vir Boudewijn of vir Bart staan.
In hierdie versameling sketse vertel hy van al die avonture wat sewe broers kan beleef. Deur die verwonderde oë van die jongste word selfs die mees alledaagse gebeurtenis iets buitengewoons. Die broers bly deurgaans naamloos en word net aangedui as die oudste, stilste, opregste, verste, liefste, vinnigste en “ek”. Die vertellings, waarin sy ma, pa en ouma ook figureer, is tegelyk fantasieryk én lewensgetrou. Dit is ’n boek wat oud en jonk sal geniet: van tieners tot tagtigers.
OR

Details

OOR DIE OUTEUR Bart Moeyaert (1964 –) is bekend as ’n kinder- en jeugboekskrywer, digter en toneelskrywer. In 2002 was hy ’n finalis vir die Internasionale Hans Christian Andersen Prys. Hy is ook al ses keer genomineer vir die Internasionale Astrid Lindgren Prys. Sy boeke is reeds in 19 tale vertaal. Sedert 2003 is hy ’n dosent in Kreatiewe Skryfwerk aan die Konservatorium in Antwerpen. Hy woon in Antwerpen en was in 2006 en 2007 die stadsdigter. OOR DIE VERTALER Daniel Hugo was ’n spesialisomroeper by Radiosondergrense en was verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. Hy is ’n gerekende digter met 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date Nov 30, 2000
Author Moeyaert, B (vert. deur Daniel Hugo)
Dimensions 213 x 137 x 213 cm
Format Sagteband
pages 160
isbn 9781869194413
Genre Kinderboek

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.