×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Daar doer in Duitswes

Jooste, H

Beskikbaarheid: In stock

R170,00

Quick Overview

Onthou jy nog die dae van donkiekarre, negosiewinkels, hanslammers grootmaak en tiekiedraai in die waenhuis? Die dae toe ’n Engelsman nog iets vreemds vir ’n Afrikaanse plaasseun was en ’n man moes kon briewe skryf om ’n nooi te bekoor?
Met Daar doer in Duitswes roep Helm Jooste daardie dae met nostalgie en humor in herinnering. Hy vertel met selfspot van sy eie ervarings in onder andere die ou Suidwes: vertellings wat jou terselfdertyd laat lag en met heimwee en deernis vul. Kom dans op maat van die Rooiduin Orkes tot rooidag; skater én bloos oor die lywige Ant Maryntjie en die tandlose Toks – en droom saam met ’n bobaasverteller oor die “sê nou maars” en verspeelde kanse in Jessica se blou oë.
Verskeie humoristiese vertellinge van Helm Jooste word in hierdie boekie saamgevat. Meeste van die vertellinge handel oor die ou Suidwes.

OR

Details

OOR DIE OUTEUR Helm Jooste is op 23 Oktober 1909 op Bethal gebore waar hy in 1928 aan die Hoërskool Hoogenhout gematrikuleer het. Ná voltooiing van sy skoolopleiding het hy aan die Heidelberg Onderwyskollege gestudeer. Hierna het hy hom in die destydse Suidwes gevestig waar hy meer as 50 jaar gewoon het. Hy het 25 jaar lank onderwys gegee, was 15 jaar 'n sakeman op Otjiwarongo, waar hy ook etlike jare burgemeester was, en het tien jaar lank met beeste naby Grootfontein geboer. Sedert sy aftrede in 1980 woon hy in die Strand. Hy het Daar doer in Duitswes op die ouderdom van 80 jaar geskryf en dit word opgevolg deur Dinge daar doer en Verdriet se moses. Audrey Blignault noem die skrywer “Die bobaas-verteller van Suidwes”. Helm is ʼn paar jaar gelede oorlede. Die boek getuig van sy heerlike humor en sy onfeilbare aanvoeling vir die komieklike situasie in die gewone gang van die menslike bestaan. Die leser sal lag, maar ook huil, want Helm Jooste se verhale is gevul met deernis. Daar doer in Duitswes het oorspronklik in 1989 verskyn en is opgevolg deur Dinge daar doer (1992) en Verdriet se moses (1996). OOR DIE ILLUSTREERDER TO Honiball is gebore op 7 Desember 1905 in Cradock, Oos-Kaap. Honiball het skoolgegaan in Paul Roos Gymnasium, Stellenbosch, en het studeer by die Universiteit van Kaapstad. Hy het besluit om verder te studeer en het van 1927 tot 1930 in Chicago gewoon waar hy Kommersiële Kuns studeer het. Met sy terugkeer na Kaapstad het hy later as vryskut spotprentkunstenaar en spotprenttekenaar gewerk. In 1941 het hy die politieke spotprenttekenaar vir ʼn groot Afrikaanse koerant geword en het vinnig een van die bekendste Suid-Afrikaanse strokiesprentkunstenaars geword. Honiball is in 1990 oorlede.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Jooste, H
Dimensies 213 x 137 x 213 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 180
isbn 9781485300649
Genre Opstel

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.