×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Die alchemis

Beskikbaarheid: In stock

R180,00

Quick Overview

Hierdie verhaal, skitterend in sy eenvoud, gaan oor ’n Andalusiese skaapwagter genaamd Santiago wat uit sy vaderland Spanje vertrek en deur Egipte se woestyn reis op soek na ’n skat wat by die piramides begrawe is. Langs die pad ontmoet hy ’n sigeunerin, ’n man wat homself ’n koning noem, en ’n alchemis. Hulle almal help Santiago om tydens sy soektog op koers te bly. Niemand weet wat die skat is en of Santiago die struikelblokke langs die pad sal oorkom nie. Maar wat begin as ’n reis op soek na wêreldse goed, verander in ’n ontdekking van die skat binne-in ’n mens self. Santiago se verhaal is ryk, inspirerend en eg menslik; dis ’n universele ode aan hoe ons drome ons kan transformeer en hoe belangrik dit is om na ons harte te luister.
OR

Details

“Om dit waarvoor jy bestem is te verwesenlik, is ’n mens se enigste verpligting.” - Uit Die alchemis

Hierdie verhaal, skitterend in sy eenvoud, gaan oor ’n Andalusiese skaapwagter genaamd Santiago wat uit sy vaderland Spanje vertrek en deur Egipte se woestyn reis op soek na ’n skat wat by die piramides begrawe is. Langs die pad ontmoet hy ’n sigeunerin, ’n man wat homself ’n koning noem, en ’n alchemis. Hulle almal help Santiago om tydens sy soektog op koers te bly. Niemand weet wat die skat is en of Santiago die struikelblokke langs die pad sal oorkom nie. Maar wat begin as ’n reis op soek na wêreldse goed, verander in ’n ontdekking van die skat binne-in ’n mens self. Santiago se verhaal is ryk, inspirerend en eg menslik; dis ’n universele ode aan hoe ons drome ons kan transformeer en hoe belangrik dit is om na ons harte te luister.

“Hierdie roman se boeiende verhaal en die stralende elegansie waarmee dit vertel word, is gefundeer in die ewige wysheid oor hoe om jou hart te volg.” - Booklist

OOR DIE OUTEUR

Paulo Coelho is in 1947 in Rio de Janeiro gebore. Hy is ’n topverkoper en een van die wêreld se mees invloedryke skrywers. Meer as 135 miljoen eksemplare van sy romans is al in meer as 168 lande verkoop en sy werk is in 73 tale vertaal. Besoek die skrywer aanlyn by www.paulocoelho.com.

“Hierdie Brasiliaanse towenaar laat boeke van die winkelrakke af verdwyn.” - New York Times

“[Coelho se] boeke gee nuwe betekenis aan miljoene mense se lewens.” - London Times

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys het in 2015 die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater en Binnelanders.

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date 04 Sep 2017
Skrywer Paulo Coelho
Dimensies 137 x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 168
isbn 9781485306856
Genre Roman

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.