×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Die dag is bros / Sandton City grootdoop

Beskikbaarheid: In stock

R180,00

Quick Overview

Twee dramas oor familie, verhoudings, vergifnis en herinneringe. Wat bybly, is dat mense maar net mense is. Dat versoening deel van menswees is. Dat stukkende mense mekaar kan help heel word en dat familie tog familie bly – ondanks omstandighede, persoonlike keuses en uitdagings.
OR

Details

Sandton City grootdoop

‘n Drama oor ’n ma en haar twee dogters wat vir die eerste keer in ’n lang tyd bymekaarkom om die oudste, Danél, se verjaardag in Sandton City te vier. In die proses begin die trio mekaar se verlede, gevoelens en emosies oopkrap met eerlike, en snaakse, oomblikke. Kara, die ma, is die aktrise wat haar man en kinders op ’n jong ouderdom verlaat het om haar groot droom om wêreldberoemd te word, na te volg. Sy erken dat sy nie bevoeg of beskore was vir moederskap nie, maar probeer tog om tot hulle deur te dring en hulle vertroueling te wees. Haar oudste dogter, Danél, is bipolêr en bly na ‘n onlangse selfmoordpoging weer by haar ma. Sy is naïef en emosioneel en val maklik vir haar ma se manipulasie.

Haar suster, Lisa, is gay en verwyt haar ma dat sy nog niks met haar lewe gedoen het nie. Sy is kwaad en kras en wil graag haar ma skok met haar uitlatings oor seks, maar ’n mens kom agter dat sy eintlik baie kwesbaar is.

“Die minimalisme van die stuk bind jou en hou jou vasgenael tot die einde.” Leonie Bezuidenhout

“Dit is galbitter, snaaks en bitter seer in ewe maat, ’n driekuns wat Pretorius keer op keer regkry. Jy lag, maar jy weet jy moet eintlik ween.” - Leatitia Pople

Die dag is bros

Dis laatmiddag. Elsa, voorheen ’n lektor in Afrikaanse letterkunde, berei ’n driegangmaaltyd voor vir Brian se verjaarsdag. Hy was ’n jeugmisdadiger wat ’n tweede kans gegun is onder Elsa se vlerk. Sy stel hom bloot aan Sheila Cussons en hy vul ’n leemte in haar lewe. Tussendeur word daar speletjies gespeel met Tertius – die vreemde kind wat kersiebloeisels aandra uit Japan. Voor die kos koud kan word sal die dag ’n ingrypende wending neem.

Die Dag is Bros is benoem vir ’n Fiësta as beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie.

OOR DIE OUTEUR

Wessel Pretorius is die wenner van die 2015 Afrikaans Onbeperk-prys vir ’n jong stem.

Additional Information

Publisher Protea
Release date 13 Mar 2017
Skrywer Wessel Pretorius
Dimensies 152 x 222 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 132
isbn 9781485306528
Genre Drama

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.