×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Die maanblom

Einar Turkowski

Beskikbaarheid: In stock

R175,00

Quick Overview

Op ’n eiland in ’n ou kliphuis woon ’n man. Elke dag wandel hy deur die inmekaargestrengelde paadjies, styl trappies en versteekte hoeke van sy betowerende tuin. Een oggend ontdek hy op sy gunstelingplek ’n onbekende plant wat hy nie in sy klassifiseringsgids kan vind nie. Hy besluit om alles waartoe hy in staat is in te span om haar te versorg. En toe sy een aand ’n blomknop kry, kom hy met allerhande idees vorendag om haar aan te moedig om oop te gaan. Maar niks wat die man kan doen laat die blom bloei nie … tot een magiese volmaannag.

OR

Details

OOR DIE SKRYWER

Einar Turkowski is in 1972 in Kiel gebore en bring sy kinderjare in Switserland deur. Ná skool voltooi hy ’n internskap as toneelontwerper en studeer kuns, kunsopleiding en biologie. Hierna studeer hy illustrasie by die Hochschule für Angewandte Wissenschaften in Hamburg. Met sy afstudeerstuk veroorsaak hy sensasie, en toe dit in 2005 as Es war finster und merkwürdig still by Atlatis-Verlag gepubliseer word, beïndruk dit kenners sowel as kinders. Hierdie debuutwerk besorg vir hom onder andere die Grand Prix van de 21ste Biënnale van Illustrasies in Bratislawa (BIB).

OOR DIE VERTALER

Rentia Bartlett-Möhl is redakteur by Protea Boekhuis en het al verskeie kinderboeke vir Protea uit Duits, Nederlands en Engels in Afrikaans vertaal. Sy was ook verantwoordelik vir die vertaling van ’n reeks citybooks en radioboeke vir die Vlaams-Nederlands kultuurhuis deBuren in Brussel. Sy voltooi haar MA graad in Afrikaans Nederlands by die Universiteit van Stellenbosch in 2015 met cum laude, met ’n afstudeerskripsie oor die fenomeen van oorlog en die etiek van verslaggewing in die werk van die Nederlandse outeur Arnon Grunberg.

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date 26 Jul 2018
Skrywer Einar Turkowski
Dimensies 263 mm x 205 mm
Formaat Hardeband
Bladsye 32
isbn 9781485302339
Genre Prenteboek

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.