×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Die spioen

Paulo Coelho

Availability: In stock

ZAR190.00

Quick Overview

Toe Mata Hari in Parys aangekom het, was sy platsak. Kort daarna is sy gevier as die elegantste vrou in die stad. As ’n danseres het sy gehore geskok en verruk, as ’n vertroueling en courtisane het sy die rykste en magtigste mans van haar era betower.

Maar paranoia as gevolg van die oorlog het Frankryk verteer, en Mata Hari se leefstyl het haar onder verdenking geplaas. In 1917 is sy gearresteer in haar hotelkamer aan die Champs-Élysées en van spioenasie aangekla.

Die Spioen is die onvergeetlike verhaal van ’n vrou wat dit gewaag het om die konvensies van haar tyd uit te daag en die prys daarvoor betaal het, soos vertel in Mata Hari se stem in haar finale brief.

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Paulo Coelho is in 1947 in Rio de Janeiro gebore. Hy is ’n topverkoper en een van die wêreld se mees invloedryke skrywers. Meer as 215 miljoen eksemplare van sy romans is al in meer as 170 lande verkoop en sy werk is in 81 tale vertaal. Besoek die skrywer aanlyn by www.paulocoelho.com.

“Hierdie Brasiliaanse towenaar laat boeke van die winkelrakke af verdwyn.” - New York Times

“[Coelho se] boeke gee nuwe betekenis aan miljoene mense se lewens.” - London Times

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys het in 2015 die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater en Binnelanders.

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date Mar 22, 2018
Author Paulo Coelho
Dimensions 137 x 213 mm
Format Sagteband
pages 208
isbn 9781485308829
Genre Roman

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.