×
Login Form
×
Registration
Profile Informations
Login Datas
or login
Details
OOR DIE OUTEUR
Johann van Zyl, ’n joernalis van beroep met sowel ’n B.Com. as ’n Honneurs in Kommunikasiekunde agter sy naam, het reeds nege kortverhale vir volwassenes gepubliseer. Die Woordenaar van Tah is sy eerste kinderboek en is opgedra aan sy twee kinders, by wie hy self ’n rits nuwe woorde geleer het, en aan sy pa, ’n ware woordenaar. Net soos Tillie is Johann mal oor hardloop (wanneer hy nie deur die hele alfabet van beserings geteister word nie). Hy woon in Centurion.
OOR DIE ILLUSTREERDER
Ben McAllen is ’n veelsydige illustreerder en grafiese ontwerper met ’n uiteenlopende portefeulje wat projekte vir onder meer Oxford University Press, Musica, Cape Union Mart en Protea Boekhuis insluit. Die agt jaar wat hy as onder meer plaaswerker, matroos, kroegman, kelner en toergids op al vier uithoeke van die aarde deurgebring het vind beslis neerslag in sy kreatiewe en verbeeldingryke werk. Hy woon in Durban.
Additional Information
Publisher | Proteaboekhuis |
---|---|
Release date | 14 Sep 2015 |
Skrywer | Van Zyl, Johann |
Dimensies | 137 x 213 mm |
Formaat | Sagteband |
Bladsye | 72 |
isbn | 9781485304814 |
Genre | Kinderboek (7–10 jaar) |