×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

En skielik is dit aand

Hambidge, J

Beskikbaarheid: In stock

R20,00

Quick Overview

In hierdie omvangryke nuwe bundel van Joan Hambidge kom ’n veelheid van temas aan die bod: ’n vervloë jeugwêreld, die verhouding tussen ouer en kind, reise, die skryfproses, die dood van ’n bekende sanger.
Maar bowenal is dit ’n bundel oor die liefde, weliswaar in ’n volgehoue mineurtoonaard. Die titel dui reeds op ’n einde, op aankruipende donkerte. Die meeste gedigte handel oor die skipbreuk van ’n liefdesverhouding en die verwerking van die pyn van verlies, onder meer deur daaroor te skryf. Die digter waarsku in “Die gedig as getuigskrif”:
Nie dat digters ooit oor die liefde skryf nie.
Dis eerder oor die afwesigheid,
oor verlies wat die maatstaf word van liefde.

Die digter beskou haarself as “historiograaf, optekenaar, verslaggewer van die liefde
se verloop” (“Afskeid en vertrek”) wat op talle wyses iets probeer bestendig van ’n verhouding wat, ten spyte van die oordaad aan kommunikasiemiddels, onafwendbaar op mislukking afstuur.
Joan Hambidge se poësie is volledig in die hedendaagse werklikheid veranker. Die talle verwysings na verbruikersgoedere, hotelle, rekenaars en selfone gee aan die gedigte in En skielik is dit aand ’n konkreetheid en maak dit terselfdertyd ook toeganklik vir die leser. En al het ons hier met ’n baie spesifieke geval te maak, slaag Hambidge daarin om telkens ’n wyer trefkrag aan die besondere te gee.


Joan Hambidge se digbundel Ruggespraak (2002) en die keuse uit haar vorige werk, Die buigsaamheid van verdriet (2004), het ook by Protea Boekhuis verskyn.
OR

Details

Hambidge is bekroon met die Eugハne Marais-, Litera- en Institute of Africa-pryse en Hartskrif en Lykdigte het twee drukke beleef. Haar gedigte is opgeneem in Groot verseboek, Die Afrikaanse poësie in ?n duisend en enkele gedigte en in Cambridge Review of Poetry.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Hambidge, J
Dimensies 137 x 213 x 137 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 158
isbn 9781869190804
Genre Poësie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.