×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Eva ontmoet Einstein

Ferreira, A

Beskikbaarheid: In stock

R50,00

Quick Overview

Annelie Ferreira is ’n Eva van die derde millennium n.C.
Vir baie uitdagings en vraagstukke van die moderne lewe kon sy nie al die antwoorde in die Bybel kry nie. Sy besef dat die wêreld waarin ons vandag leef radikaal anders is as die wêreld van ons oumagrootjies.
Tong-in-die-kies vertrek sy op ’n spirituele reis wat by die Oerknal begin. Sy beleef die vorming van die aarde, die begin van Lewe, evolusie, die ontstaan van Homo sapiens, en die ontstaan van die spirituele bewussyn van die mens. Op pad kom sy Zoroaster, die Boeddha, Jesus, Mohammed en Einstein teë. Haar reis na die dieper betekenis van die lewe is uiteindelik ’n intellektuele geskiedenis van die mensdom wat eindig by globalisering, relatiwiteitsteorie en kosmologie.
Sy kom tot die ontdekking dat die simboliek van die Christendom behou moet word maar dat nuwe betekenis daaraan gegee moet word; en dat dit gedoen kan word deur onsself te leer ken.
OR

Details

Annelie Ferreira woon in Somerset-Wes. Haar gesin se huis is propvol goggas en wurms wat kriewel en kruip, voëltjies wat die wurms wil vang, ’n kat wat die voëls wil vang, ’n hond wat vies is omdat hy die kat nie mag vang nie … En snags ontvang hulle soms besoek van prins Charles of koningin Elizabeth, of hulle veg teen vleisvretende dinousourusse en gaan grotte saam met Jesus binne.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Ferreira, A
Dimensies 137 x 213 x 137 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 186
isbn 9781869190774
Genre Geestelik

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.