×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

FAK-sangbundel Volume II 2de uitgawe

Verskeie

Beskikbaarheid: In stock

R695,00

Quick Overview

Die ou bekende en geliefde FAK-sangbundel het in 2012 ’n welkome aanvulling gekry. Liedjies wat die afgelope 40 jaar in Afrikaanse musiek geblom het, kry plek in die nuwe Volume II. Hierdie nuwe sangbundel maak plek vir 400 liedjies wat geskryf en gesing is sedert die vorige uitgawe van 1979. Vanjaar, 2012, is ook die 75ste bestaansjaar van die FAK-sangbundel en juis daarom is besluit om die wonder van Afrikaanse musiek behoorlik te vier met die uitreiking van ’n nuwe sangbundel. Die nuwe rubrieke sluit in:
Immergroen &populêr; Kleinkuns; Kinderliedjies; Geestelike liedjies; Tradisionele liedjies; Kunsmusiek en Koormusiek.
OR

Details

Die ou bekende en geliefde FAK-sangbundel het in 2012 ’n welkome aanvulling gekry. Liedjies wat die afgelope 40 jaar in Afrikaanse musiek geblom het, kry plek in die nuwe Volume II. Hierdie nuwe sangbundel maak plek vir 400 liedjies wat geskryf en gesing is sedert die vorige uitgawe van 1979. Vanjaar, 2012, is ook die 75ste bestaansjaar van die FAK-sangbundel en juis daarom is besluit om die wonder van Afrikaanse musiek behoorlik te vier met die uitreiking van ’n nuwe sangbundel. Die nuwe rubrieke sluit in: Immergroen &populêr; Kleinkuns; Kinderliedjies; Geestelike liedjies; Tradisionele liedjies; Kunsmusiek en Koormusiek.

Van die gewildste en bekendste werke deur Afrikaanse musieklegendes soos Rina Hugo, Gé Korsten, Chris Chameleon, Steve Hofmeyr, die Briels, Anton Goosen en Laurika Rauch is in die bundel vervat, met treffers soos “Ballade vir ’n enkeling”,“De la Rey”, “Engel”, “Houtkruis” en “Kinders van die wind”. Kenners van Afrikaanse musiek, soos Mimi Coertze, Wessel van Wyk, Anneke Lamont en wyle Christa Steyn was betrokke by die keuse van die beste uit die nuwere Afrikaanse musiekskat.

Die nuwe FAK-sangbundel vervang nie die ou bundel met sy bekende volksliedjies soos Aanstap Rooies, My hartjie, my liefie en Sarie Marais nie. Die nuwe bundel is eerder daarop gemik om die skatkis van Afrikaanse musiek wat bewaar moet word, uit te brei.

Benewens die rubriekindeling het die bundel ook ’n register volgens liedere se titels en eerste reëls.

Additional Information

Publisher Protea
Release date 12 Des 2016
Skrywer Verskeie
Dimensies 267 x 193 mm
Formaat Hardeband
Bladsye 737
isbn 9781485300274
Genre Musiek & kultuur

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.