×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Frans David Oerder. Anglo-Boereoorlogtekeninge & skilderye

Alexander E. Duffey

Beskikbaarheid: In stock

R395,00

Quick Overview

Hierdie publikasie gee ’n volledige beeld van die kunstenaar Frans David Oerder (1867–1944) se oeuvre – sy Anglo-Boereoorlogtekeninge, landskappe, genrestukke, portrette, blomstudies en stillewes, interieurs, dierestudies en grafiese werk. Geen moeite is ontsien om hierdie boek so volledig en betroubaar moontlik te maak nie. Argivale bronne in die Kunsargief van die Universiteit van Pretoria, die Argief van die Johannesburg Kunsmuseum en die Nasionale Argief van Suid-Afrika in Pretoria het grootliks bygedra tot die toevoeging van inligting oor hierdie kunstenaar wat nie voorheen bekend was nie. Die plakboek van Gerda Oerder en ’n lang lesing met detailinligting oor Oerder se vroeë lewe deur mev. Lorimer in die Kunsargief van die Universiteit van Pretoria het bygedra tot ’n nuwe vertolking van die lewe en werk van hierdie belangrike Suid-Afrikaanse kunstenaar.

Tydens die Anglo-Boereoorlog was Oerder die enigste amptelike kunstenaar aan Boerekant, maar tot dusver is nog geen volledige geskiedenis van sy deelname aan dié oorlog geskryf nie. In hierdie boek word Oerder se Anglo-Boereoorlogtekeninge nou vir die eerste keer so volledig moontlik afgedruk en beskryf.

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Prof. Alex Duffey was dosent in Kunsgeskiedenis, Museumkunde en Kunsopvoeding aan die Universiteit van Pretoria, later ook hoof van die Departement Kunsgeskiedenis. Vanaf 2004 tot en met sy aftrede in 2012 was hy Hoofkurator van die Universiteit van Pretoria se Kuns- en Erfenisversamelings. Hy is nasionaal en internasionaal bekend as een van die voorste kenners van die kunstenaars Anton van Wouw, Frans Oerder en Jacob Hendrik Pierneef, asook van Chinese keramiek en antieke handel met Suider-Afrika.

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date 05 Des 2017
Skrywer Alexander E. Duffey
Dimensies 240 x 240 mm
Formaat Hardeband
Bladsye 250
isbn 9781485300915
Genre Kunsgeskiedenis

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.