×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Genesing van herinneringe, Die

Veldsman, D (samest)

Beskikbaarheid: In stock

R130,00

Quick Overview

Daar is slegte herinneringe wat genees moet word, en daar is goeie herinneringe wat seerkry kan genees. Die skrywers van hierdie versamelbundel soek na die Godsbelofte dat trane afgedroog sal word deur praktiese riglyne vanuit ’n psigoterapeutiese perspektief te verskaf. Met konkrete voorstelle oor ’n wye lewenspektrum en ’n teologiese interpretasie van herinneringe word lesers op die weg na genesing geplaas. Bybelse figure wat moes leer wat geloof as herinnering beteken, word as inspirasie binne die moderne samelewing gebruik. Ook wanopvattings oor genesing deur herinneringe word aan die kaak gestel deur te ondersoek wat herinneringe is. Hierdie insigte word binne die unieke Suid-Afrikaanse konteks gesitueer om die individu, asook die hele gemeenskap, van raad te bedien. In die slothoofstuk word praktiese voorstelle bespreek as riglyne vir diegene wat ander op die pad van die genesing van herinneringe wil help. Wanneer ’n familielid, vriend, kollega of kennis hulp nodig het, kan hierdie koersaanduidings van groot waarde wees. Ook diegene wat self moet genees van herinneringe word bystand verleen deur professionele aanbevelings.

OR

Details

Wilhelm Jordaan is ’n buitengewone professor in sielkunde aan Unisa en ’n bekende rubriekskrywer vir Beeld, Die Burger en Plus-50. Daniël Veldsman, die samesteller, is ’n sistematiese teoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria. Cas Vos, ’n praktiese teoloog, is dekaan van die Fakulteit Teologie aan dieselfde instansie en het ook verskeie digbundels op sy kerfstok. Rex van Vuuren is ’n sielkundige, en tans rektor van die Rooms-Katolieke Universiteit St. Augustine in Johannesburg. Christo Thesnaar is sedert die stigting van die Institute for the Healing of Memories (2000) ’n raadslid daarvan en doseer praktiese teologie aan die Hugenote Kollege, Wellington.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Veldsman, D (samest)
Dimensies 213 x 137 x 213 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 147
isbn 9781869191597
Genre Geestelik

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.