×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Geskiedenis en geskrifte: die literatuur van Ou Israel

Boshoff, W; Scheffler, E; Spangenberg, I

Beskikbaarheid: In stock

R170,00

Quick Overview

Geskiedenis en geskrifte. Die literatuur van Ou Israel is die langverwagte Afrikaanse vertaling van Ancient Israelite literature in context. Dié boek, wat in 2000 by Protea Boekhuis verskyn het en waarvan ’n tweede uitgawe in 2006 die lig gesien het, handel oor die oorsprong van die versameling geskrifte wat as die Hebreeuse Bybel (ook algemeen bekend as die Ou Testament of Eerste Testament) bekendstaan.
Ten spyte daarvan dat die Bybel eeue oud is, is dit steeds ’n topverkoper van ons tyd. Wêreldwyd lees miljoene mense uit verskillende taal- en kultuurgroepe die Bybel met die verwagting om iets daarin te vind wat vir hulle persoonlike en spirituele lewe van waarde kan wees . Nietemin is die Bybel oorspronklik bedoel vir mense wat in ’n pre-industriële en prewetenskaplike wêreld geleef het. Hulle huise, stede, plase, lewensomstandighede, kleding en gebruike het radikaal verskil van dié wat ons vandag ken – wat die vraag laat ontstaan: hoe kan die reusegaping tussen hierdie antieke tekste en moderne lesers oorbrug word?
Geskiedenis en geskrifte stel hedendaagse lesers aan die wêreld van die ou Nabye-Ooste bekend – vanaf die ou Israeliete se oorlewingstryd, tot die godsdienstige literatuur wat geskryf is om hulle die lewe te help hanteer en sin te maak uit gebeure wat hul lewe beïnvloed het – en lei die leser sodoende tot groter begrip en insig in die verskillende kontekste van die Bybel se wordingsgeskiedenis.


OR

Details

Die skrywers is almal verbonde aan die Departement Ou Testament aan die Universiteit van Suid-Afrika en kan vir onderhoude gekontak word. Willem Boshoff spesialiseer in Bybelse Argeologie en die geskiedenis van godsdiens in ou Israel. Eben Scheffler het ’n besondere belangstelling in die politiek, godsdiens en literatuur van mense uit die Bybelse wêreld. Izak Spangenberg spits hom toe op post-eksiliese Ou-Testamentiese literatuur en die interpretasie van die Bybel in ’n hedendaagse konteks.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Boshoff, W; Scheffler, E; Spangenberg, I
Dimensies 137 x 213 x 137 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 262
isbn 9781869191702
Genre Geskiedenis

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.