×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Hanlie Retief gesels met

Retief, H

Beskikbaarheid: In stock

R190,00

Quick Overview

Die weeklikse rubriek in Rapport, “Hanlie Retief gesels met” , is iets waarna baie lesers elke Sondag uitsien en heel eerste lees. Aanhangers weet haar onderhoude is pittig, op die man af en baie vermaaklik.
Hanlie Retief vra die vrae aan die nuusmakers wat almal brand om te vra. Sy is bekend daarvoor dat sy haar soos ’n verkleurmannetjie kan aanpas by die aard van die onderhoud. Met deernis skets sy misdaadslagoffers se stories en kuier ewe gemaklik in Benoni saam met Vernon Koekemoer.
Hanlie gesels met bevat 50 van Hanlie se mees prikkelende onderhoude wat sy oor die afgelope 20 jaar gevoer het: dié waaroor mense lank gepraat het, dié wat mense kwaad gemaak het, laat lag het of ’n traan laat wegpink het. En hoe aangrypend is dit nie om weer die stemme te hoor van mense soos Chris Barnard, Marike de Klerk en ander wat ons reeds ontval het.
Desmond Tutu, Steve Hofmeyr, dr. Piet Koornhof, Steve Booysen, Piet Byleveld, Anton Goosen, Pik Botha, Kurt Darren, Pierre Spies, Vernon Koekemoer en Julius Malema is van die ander onderhoude wat opgeneem word in hierdie boek.



OR

Details

Hanlie Retief behaal ’n Joernalistiekhonneurs (cum laude) aan Universiteit van die Vrystaat. Sy was al redaksielid by Die Burger en Sarie en was verantwoordelik vir die rubriek Sarie praat met. Sy was twee keer ’n Mondi-finalis en in 2007, 2008 en 2009 is sy vereer as Media24 se Kreatiewe Joernalis van die Jaar. In 2008 en 2009 ontvang sy die ATKV Veertjie vir die beste Persoonlikheidsprofiel.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Retief, H
Dimensies 213 x 137 x 213 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 280
isbn 9781869194307
Genre Onderhoude

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.