×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

In glas

Nicola Hanekom

Availability: In stock

ZAR180.00

Quick Overview

Die drama In glas handel oor ‘n kinderlose egpaar wat in vitro-bevrugting ondergaan en die uitwerking van hul versugting na ‘n kind op hulle as individue, hul huwelik en hul verhoudings met ander. Nicola Hanekom wys die vernedering van herhaalde besoeke aan onsimpatieke dokters, die monotomie van seks wat gemonitor word, die aftakeling van ‘n man en vrou wat gereduseer word tot hul voortplantingsorgane.


In glas wen beste regie, beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie en beste aanbieding. Stian Bam wen beste akteur en Tinarie van Wyk Loots wen beste aktrise. is in 2015 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV-prys vir ’n dramateks



OR

Details

Die drama In glas handel oor ‘n kinderlose egpaar wat in vitro-bevrugting ondergaan en die uitwerking van hul versugting na ‘n kind op hulle as individue, hul huwelik en hul verhoudings met ander. Nicola Hanekom wys die vernedering van herhaalde besoeke aan onsimpatieke dokters, die monotomie van seks wat gemonitor word, die aftakeling van ‘n man en vrou wat gereduseer word tot hul voortplantingsorgane.

In glas wen beste regie, beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie en beste aanbieding. Stian Bam wen beste akteur en Tinarie van Wyk Loots wen beste aktrise. is in 2015 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV-prys vir ’n dramateks .

Wat joernaliste oor Nicola skryf:

Teatergenie, noem resensente haar. Dramaturg, vervaardiger, aktrise. Sy het Afrikaanse teater in die holte van haar hand, die “ongelooflik talentvolle” Nicola Hanekom. – Hanli Retief

Nicola Hanekom vang die gehoor se aandag van die begin en weier om dit te verloor. Sy hou die verskillende storielyne mooi bymekaar totdat dit saam opeindig. Nicola oortuig jou terwyl sy jou skok. Jy is spraakloos as jy uitstap. Geskok, maar ook hulpeloos. Die toneelstuk is 'n meesterstuk met Nicola die bes moontlike skilder. – James de Villiers

OOR DIE OUTEUR

Die veelbekroonde Nicola het ’n diploma in Drama aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. As toneelskrywer en regisseur het sy reeds talle pryse verwerf vir haar plekspesifieke produksies. Vir haar trilogie Betésda, Lot en Babbel ontvang sy altesaam elf Kanna- en vier Fiësta-toekennings. Sy wen ook twee ATKV-Woordveertjies vir beste dramateks vir Babbel en Trippie. Haar ruimtelike drama, Land van skedels, ontvang vier Fiësta-toekennings en sy word bekroon met Beeld se Aardvark-prys vir grensverskuiwende werk. Nicola ontvang in 2015 die Onbeperk-prys vir vernuwende denke, en ook die Eugène Marais-prys van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir haar verhoogstukke, Hol en Trippie, gepubliseer as Die pad byster.

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date Feb 5, 2018
Author Nicola Hanekom
Dimensions 152 x 222 mm
Format Sagteband
pages 72
isbn 9781485305989
Genre Drama

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.