×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Jagters van die duine Die storie van die Kalaharileeu

Eloff, Fritz

Beskikbaarheid: In stock

R265,00

Quick Overview

Die bekende dierkundige Fritz Eloff se bemoeienis met die Kalaharileeu het reeds in 1958 begin toe hy een aand teen sononder die koninklike brul van ’n leeu tussen die rooi duine hoor opklink het. So beïndruk was hy met die selfversekerde geluid wat die aarde behoorlik laat bewe het, dat hy besluit het hy moet die leeu behoorlik leer ken. Maar daarvoor moes hy die Kalahari, die tuiste van dié statige diere ook verstaan: “… sy stof, sy hitte en sy koue, sy plante en al die diere wat deel van die leeu se voedselketting uitmaak, ook diere met wie hy kompeteer vir voedsel.” So skryf hy vroeg in hierdie boek, wat die resultaat is van 40 jaar se uitgebreide navorsing en talle opwindende ervarings.In toeganklike taal word die Kalaharileeu se fisieke eienskappe, sy habitat, sy plek in die ekosisteem en sy interaksie met die mens dan bespreek. Ten slotte kom ook ’n paar legendariese leeumannetjies en –wyfies aan die bod en besin die skrywer oor die oorlewingskanse van die Kalaharileeu in ’n veranderende wêreld.



OR

Details

Fritz Eloff was hoogleraar in Dierkunde aan die Universiteit van Pretoria en was ook ’n bekende in rugbykringe. Hy was ’n gewilde en gewaardeerde deelnemer aan radioprogramme oor die natuur en het só landswye bekendheid gekry.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Eloff, Fritz
Dimensies 280 x 215 x 280 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 168
isbn 9781869199777
Genre Nie-fiksie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.