×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Jasper op hoërskool (1)

Beskikbaarheid: In stock

R125,00

Quick Overview

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van dié gewilde reeks.

Hierdie is die eerste titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!

"Jy kan gaan doppies blaas - ek skryf g'n opstelle nie." Dit is Jasper se antwoord toe Floors wil hê dat hy wat Jasper is, 'n opstel moet skryf oor dieremishandeling. Al is hy in standerd ses en al het hy gehoor van ontgroening op hoërskool, is hy glad nie van plan om vir hierdie seun met sy kwêvoëlkuif opstelle te skryf nie.

Jasper is die kêreltjie wat omgekrap raak as iemand na sy borselkop verwys as “poenskop”, en wat saam met die ander drie lede van die Viermanskap – Mossie, Giep en Ferdinand – baie avonture beleef. Saam soek hulle na 'n klein seuntjie wat wegraak en saam voer hulle kleilatoorlog teen Floors se manne. Hulle vang saam skaapdief en hiervoor word hulle beloon. Op dieselfde dag proe hulle hoe dit smaak om te rook, en hieroor word hulle gelooi.

Kom deel in die avonture van Jasper!
OR

Details

Christiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926-1989) was ʼn baie produktiewe skrywer wat veral vir sy Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei. Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 01 Aug 2015
Skrywer Beyers-Boshoff, C.F.
Dimensies 137 x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 112
isbn 9781485303664
Genre Jeugverhaal

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.