×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Jinx

Celeste Slabber-Loriston

Beskikbaarheid: In stock

R160,00

Quick Overview

Zanelda Sellerman (Zantie) is die oudste dogter van ’n gesin van 7. Sy is die skool se atletiekster, maar wiskunde en wetenskap pootjie haar gereeld. Sy sien uit na haar Graad 9-jaar. Die Juniorbeker wag, Deon Steyn skryf vir haar liefdesgedigte en sy verslaan die vinnige Beverly Botha in die 400 m.



Maar toe verander alles met die nuwe meisie, Marita Meyer, wat almal betower met haar perfekte glimlag en illusies. Zantie se Graad 9-jaar lyk nou nie meer so eenvoudig nie.

OR

Details

Zanelda Sellerman (Zantie) is die oudste dogter van ’n gesin van 7. Sy is die skool se atletiekster, maar wiskunde en wetenskap pootjie haar gereeld. Sy sien uit na haar Graad 9-jaar. Die Juniorbeker wag, Deon Steyn skryf vir haar liefdesgedigte en sy verslaan die vinnige Beverly Botha in die 400 m.

Maar toe verander alles met die nuwe meisie, Marita Meyer, wat almal betower met haar perfekte glimlag en illusies. Zantie se Graad 9-jaar lyk nou nie meer so eenvoudig nie. Onverklaarbare geskenke en ongelukke kom oor haar pad. Sy word gejinx. En sy wonder waarom juis sy?

Sy word deel van die wêreld van illusies en towerkrag. Dit is die enigste manier hoe sy almal vir wie sy lief is kan beskerm. Maar haar suiwer hart wen die stryd, sy oorwin die wêreld van kristalle en die kragte van die maan, en word beloon met liefde en vriendskap.

OOR DIE OUTEUR

Celeste Slabber-Loriston het grootgeword in Hartebeespoort. Sy verwerf ’n BDram IV-graad aan die einde van 1994 en beklee verskeie onderwysposte in die Wes-Kaap. Sy is tans woonagtig in Hermanus. Sy is mede-eienaar van Story Team, ’n opvoedkundige teatermaatskappy wat teater as medium gebruik om kinders speel-speel te leer. Sy begin skryf in 2005. Haar kreatiewe skryfstyl wil graag haar leser deel maak van die wêreld van die karakters. “Ek het ’n passie vir skryf en wil graag my lesers op ’n opwindende reis van ontdekking stuur, waar fantasie deel word van die ervaring.Ek wil graag hê my lesers moet verdwaal in die wonderlike wêreld van stories, dat hulle nooit sal ophou lees nie.”

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date 14 Sep 2018
Skrywer Celeste Slabber-Loriston
Dimensies 137 x 213
Formaat Sagteband
Bladsye 152
isbn 9781485308225
Genre Jeugverhaal

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.