×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Kalaharijoernaal

Kotzé, WD

Beskikbaarheid: In stock

R150,00

Quick Overview

“Die Kalahari los jou nooit. Want jy gee nie jou hart vir hom nie, hy vat dit self en hy roep jou met baie stemme na hom toe terug,” skryf W.D. Kotzé in sy derde versameling herinneringe aan die Kalahari.
Dit is veral die mense van Aranos se wêreld wie se stemme in Kalaharijoernaal gehoor word, die mense wat in die ongenaakbare wêreld langs die Nossobrivier ’n bestaan gemaak het. Maar daar is ook die sagter geluide van die Kalahari se wild, die springbokke, die groot elande en koedoes, die kiewiete, die sandpatryse en die sonbesies wie se skril stemme oor die rooi sand bewe. Vir dié wat soek, wag daar immers ’n verrassing agter elke duin, só leer die Kalaharikind vroeg al.
Kotzé slaag met Kalaharijoernaal opnuut daarin om die skerp kontraste van hierdie kontrei – die skoonheid van ’n goeie jaar, die verskrikking van droogte, die vriendskaps- en familiebande én die verwydering wat tussen bure kan kom – op aangrypende wyse weer te gee.
OR

Details

Dr. Kotzé is in 1931 langs die Nossob gebore en was LV vir Odendaalsrus en later vir Parys. Hy en sy vrou Alice was vir tien jaar die ambassadeurspaar in Bophuthatswana. Van Kotzé het ook verskyn: Voetspore in die Kalahari, Kalahari-kind, T’sats van die Kalahari, T’sats, grootste van die groot jagters, T’sats se wraak, Vlam van die vuurklip, Jonker Afrikaner, kaptein van die Oorlogsmense.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Kotzé, WD
Dimensies 137 x 217 x 137 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 225
isbn 9781869190873
Genre Biografiese

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.