×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Keiser is kaal, Die: Waarom regstellende aksie misluk het

Hermann, D

Beskikbaarheid: In stock

R50,00

Quick Overview

Die keiser loop in sy pragkleed deur die skare. Net slim mense kan dié kleed sien. “Hoera vir die keiser se nuwe kleed!” juig die mense. Tot ’n seuntjie verbaas uitroep: “Maar die keiser is dan kaal!” Die keiser is kaal, sê aartsbiskop Desmond Tutu. Dit is ook die boodskap van verskeie ander vooraanstaande politici. Regstellende aksie het tot nou toe net die swart middelklas bevorder en nie die groot gros mense nie. “Wanneer word regstellende aksie rassediskriminasie?” vra oudpresident F.W. de Klerk. Talle boeke en artikels verskyn oor maniere om regstellende aksie só toe te pas dat die wanbalans van die verlede herstel word. Daar het egter nog byna niks verskyn oor hoe wittes regstellende aksie beleef en wat die invloed daarvan op dié gemeenskap is nie. Hermann ondersoek hierdie saak in Die keiser is kaal en maak voorstelle oor hoe die massa werklik bemagtig kan word. Sy doktorale studie oor die onderwerp sowel as sy praktiese ervaring as adjunk-uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit het hom uitnemend toegerus vir hierdie taak. “Mag Suid-Afrika ’n tuiste word vir almal wat daarin woon, swart, bruin, Indiër en wit” – Dr. Dirk Hermann.



OR

Details

Hermann het drie internasionale kongresse oor regstellende aksie toegespreek en tree gereeld as spreker in Suid-Afrika op. Suid-Afrikaanse media haal hom dikwels oor arbeidsverwante kwessies aan. Vanaf 1993 behaal hy ’n graad in regte, ’n honneursgraad in bedryfsielkunde en in bedryfsosiologie. Hy voltooi ’n nagraadse diploma in arbeidsreg, ’n meestersgraad in bedryfsosiologie en ‘n doktorsgraad; lg. handel oor die invloed van regstellende aksie op vervreemding van die nie-aangewese groep in Suid-Afrika. Hy was lid van die ministeriële taakspan oor transformasie van die hoër onderwys en ontvang die Abe Bailey-beurs vir leierskap, akademie en gemeenskapbetrokkenheid.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Hermann, D
Dimensies 149 x 235 x 149 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 134
isbn 9781869191429
Genre Geskiedenis

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.