×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Kinders van konings Volksballades: tekste en bladmusiek

Grobbelaar, P W

Beskikbaarheid: In stock

R220,00

Quick Overview

’n Boeiende storie en ’n singbare wysie – dís die elemente wat volksballades nie net in die volksmond lewend hou nie, maar ook tydlose sjarme daaraan verleen. Want soos wat Pieter W. Grobbelaar in dié boek verklaar: “Die volksmens sing liedere nie net stukkend nie; hy wysig hulle soms ten goede.”
Kinders van konings is ’n omvattende werk oor die volksballade in Afrikaans. Nie net word die oorsprong en ontwikkeling van hierdie tipe volkskuns op bondige en toeganklike wyse aangebied nie – 69 Afrikaanse volksballades word ook vir die eerste keer met volledige teks en musiek opgeteken. Met ’n spektrum wat strek vanaf die vroegste Middeleeuse volksballades uit Nederlands oorgeërf, tot ballades wat eers teen 1970 ontstaan het, word ’n omvattende blik gegee op meer as die verloop van die geskiedenis: ook die ontwikkeling van Afrikaans as skryftaal word langs hierdie weg duidelik geïllustreer.
Die feit dat elke balladeteks van ’n volledige melodielyn (en kitaardrukke) voorsien, en met bykomende agtergrondinligting toegelig word, maak dit meer as ’n statiese leeservaring: Lesers sal sommer wil saamneurie met ou bekende deuntjies soos “Ou tante Koba” en “Een aand op ’n trein na Pretoria” en “Die kat kom weer” – terwyl amper vergete kultuurskatte soos “Die jonge Dupree”, “Skoon Isabel” en “Amakeia” terselfdertyd vir die nageslag behoue bly.



OR

Details

Prof. Pieter W. Grobbelaar se reusebydrae tot die optekening van Afrikaanse kultuurgoed is welbekend en hy word allerweë as dié kenner van Afrikaanse folklore beskou. Hiervan getuig die meer as tweehonderd publikasies wat reeds uit sy pen verskyn het. Hy woon in Wellington en is beskikbaar vir onderhoude

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Grobbelaar, P W
Dimensies 222 x 152 x 222 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 309
isbn 9781869192082
Genre Geskiedenis

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.