×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Kleure van liefde: In lewe en sterwe en daarna

Momberg, M

Beskikbaarheid: In stock

R165,00

Quick Overview

Toe leukemie in hul twintigste huweliksjaar by Marthie se man Derik gediagnoseer word, word die Mombergs se lewe onherroeplik verander. Die “vonnis” kom totaal onverwags en die prognose lyk donker: waar Derik voorheen vir geen uitdaging nee gesê het nie (die Twee Oseane en die Comrades gehardloop het, entoesiasties was om sy vlieglisensie te bekom en die paartjie op die kruin gestaan het van ’n skynbaar sorgelose en geleentheidbelaaide bestaan, moet hulle nou die realiteit van hospitale, chemoterapie, en later die onafwendbaarheid van Derik se dood, leer verwerk – en ervaar hulle onder die moeilikste van omstandighede dat die kleure van liefde nie net die sonskyngeel en pastelpienk van die lewe se ligkant insluit nie – maar ook die swart van vrees, die grys van onsekerheid en die rooi van pyn help inkleur.
In Kleure van liefde word met nugterheid en humor, maar ook op filosofiese en vraende trant, besin oor die lewe voor, tydens en ná ’n geliefde se dood. Deur werklike dagboekinskrywings en e-posse die skrywer en haar man by die vertelling in te sluit, word die leser betrek by ’n baie persoonlike ontdekkingstog: dié na aanvaarding, berusting – en hoop.


OR

Details

Marthie Momberg is verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch, en verdeel haar tyd tussen haar professionele loopbaan as kommunikasiebeampte en haar rol as privaat korporatiewe konsultant. Benewens die eerste uitgawe van Kleure van Liefde ( 2000) en die Engelse weergawe, Colours of Love ( 2004) het ?n tweede boek, Nou is altyd hier ( 2004) ook uit haar pen verskyn. Sy woon in Paradyskloof, Stellenbosch

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Momberg, M
Dimensies 213 x 137 x 213 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 224
isbn 9781869191719
Genre Outobiografiese

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.