More Views

Kleuterland

Helena J. F. Lochner

Beskikbaarheid: In stock

R185,00

Quick Overview

Kleuterland is ‘n pragtige kinderboek met 40 stories en pragtige illustrasies vir kleuters uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van ’n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kammaland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan kleuters. Protea gaan dit weer publiseer in ‘n nuwer moderne baadjie om hierdie wonderlike stories aan ‘n nuwe generasie bekend te stel.



Die stories in die bundel word volgens bevatlikheid rangskik. Die langste woorde in die eerste ses stories bestaan uit slegs drie letters, dié in die volgende drie stories uit vier lettes en die volgende drie uit net vyf. Gaandeweg word die woorde moeiliker en langer.


OR

Details

Kleuterland is ‘n pragtige kinderboek met 40 stories en pragtige illustrasies vir kleuters uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van ’n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kammaland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan kleuters.

Protea gaan dit weer publiseer in ‘n nuwer moderne baadjie om hierdie wonderlike stories aan ‘n nuwe generasie bekend te stel.

Die stories in die bundel word volgens bevatlikheid rangskik. Die langste woorde in die eerste ses stories bestaan uit slegs drie letters, dié in die volgende drie stories uit vier letters en die volgende drie uit net vyf. Gaandeweg word die woorde moeiliker en langer.

OOR DIE OUTEUR

Helena J. F. Lochner, die bekende skrywer van kinderboeke, gebore in 1892 en die grootste gedeelte van haar lewe ’n onderwyseres, is reeds in 1951 oorlede. Danie Botha het by geleentheid na haar verwys as “Afrikaans se Hans Christian Andersen”. Sy het ook die meeste van haar eie boeke illustreer.

OR DIE ILLUSTREERDER

Alida Bothma het ‘n diploma in Grafiese Ontwerp by die Kunsskool van die Kaapse Technikon verwerf. Sy het in 1979 internasionale blootstelling verkry met ’n waterverfuitstalling in Duitsland saam met ander SA kunstenaars soos Walter Battiss, Maud Sumner, Adolph Jentsch en Andrew Verster. In 1980 het sy begin kinderboeke illustreer en het reeds aan 150 boeke gewerk as illustreerder.

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date 03 Jan 2019
Skrywer Helena J. F. Lochner
Dimensies 240 x 168
Formaat Hardeband
Bladsye 160
isbn 9781485309833
Genre Kinder fiksie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.