×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Klip en klei

Versfeld, M

Beskikbaarheid: In stock

R160,00

Quick Overview

Klip en klei is ’n herdruk van die Suid-Afrikaanse filosoof Marthinus Versfeld se bekendste en mees geliefde opstelle. Hy skryf op ’n meesleurende en dikwels humoristiese manier oor konkrete dinge en die betekenis wat hulle vir ons lewens het. In die eerste opstel, “Oor huise”, beskryf hy hoe hy self ’n huis van klip in die Kouga gebou het. So ’n huis moet by die bewoners daarvan pas, beweer Versfeld, en dit hang af daarvan of jy met jouself tuis is. Hy skryf verder oor die vreugde van kook en goeie kos, oor die verwantskap tussen die skepping van poësie en die skepping van ’n eenvoudige meubelstuk, oor jag, visvang en ons belewing van die natuur. Die laaste opstel, “Oor patriotisme”, kry opnuut betekenis in ’n tyd waarin ons verhouding met ons geboorteland en ons medemens geproblematiseer word.
Versfeld se styl is besonder toeganklik en die leser word dikwels verras deur ’n diepsinnige wending waardeur ons omgang met die alledaagse verryk word. So skryf hy byvoorbeeld oor klip: “Die engel uit die klip is die engel wat alreeds in die klip gesit het, en aan hom is die kliphouer onderdanig. Laat die engele dus jou huisie bou, maar hulle sal net met jou hande bou, en net met jou eie hande sal jy aan hulle raak.”



OR

Details

Marthinus Versfeld was hoogleraar in Filosofie aan die Universiteit van Kaapstad. Hy was ook 'n buitelugmens wat oor bergklim, jag en visvang ewe onderhoudend kon skryf as oor die denke van Middeleeuse filosowe. Die herdenking van sy honderdste geboortedag vind in 2009 plaas. Hy was waarskynlik Suid-Afrika se eerste ware denker oor die omgewing.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Versfeld, M
Dimensies 137 x 213 x 137 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 124
isbn 9781869192457
Genre Filosofie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.