×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Krap uit die see

Beskikbaarheid: In stock

R160,00

Quick Overview

Krap uit die see is die tweede bundel van die jong digter Fourie Botha. Soos sy debuutbundel Donkerkamer wat op die kortlys vir die 2013 Ingrid Jonkerprys was, sluit Krap uit die see aan by die debat oor manlikheid, wat sowel geweld, lyflikheid, die vaderfiguur, homo-erotiek en doodgewone huislikheid van twee mans wat saamwoon insluit. Die see is ’n deurlopende motief, die oerbron waaruit alle lewe kruip, in gedigte oor familieverhoudings, die liefde en erotiek. Grense tussen lewe en dood, droom en werklikheid, mens en dier vervloei op surrealistiese wyse.
OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Fourie Botha word groot in Bethal op die Hoëveld en op Nietverdiend in die Marico-Bosveld. Aan die Universiteit van Pretoria studeer hy Uitgewerswese en Engels en gee vir ’n paar jaar opvoedkundige boeke uit. In 2008 voltooi hy ’n meestersgraad in Engelse letterkunde en skryf daarna by die Universiteit van Kaapstad in vir ’n meestersgraad in Kreatiewe Skryfwerk onder Joan Hambidge. Sedert 2008 werk hy as redakteur van die Umuzi drukmerk by die uitgewershuis Penguin Random House in Kaapstad. Sy gedigte word opgeneem in die versamelbundel “Nuwe stemme 4”, waarna hy debuteer met die digbundel “Donkerkamer” in 2011.

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date 26 Jun 2017
Skrywer Fourie Botha
Dimensies 213 x 137 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 64
isbn 9781485307570
Genre Poësie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.