×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Lyf onthou, ’n

Rust, R

Beskikbaarheid: In stock

R195,00

Quick Overview

In hierdie bundel kortverhale kom die liefde, erotiek en seks ter sprake op ’n wyse wat nog selde in Afrikaans gedoen is. Onder die skynbaar alledaagse in hierdie verhale kom sadomasochisme, buite-egtelike verhoudings, seksuele teistering en ander verhoudingsvraagstukke voor; kwessies wat skaars in “goeie geselskap” bespreek word, word as ’t ware van binne uit deur die karakters beleef. Baie dikwels skakel die karakters met mekaar: Iemand wat ’n terloopse verskyning in een verhaal maak, tree as verteller in ’n volgende verhaal op. Op hierdie wyse slaag die skryfster daarin om die kontras tussen die verskuilde verlangens en begeertes van veral vroue en hulle openbare persoonlikheid bloot te lê. ’n Bekwame joernalis word ontbloot as ’n oorwerkte, ooreiste eggenoot, kind en ma; in ’n skynbaar gelukkige huwelik beleef die vrou frustrasie omdat haar man meer in kos as in haar belangstel; vrees dat ’n gestremde kind by die skool geteister word, bring spanning in die huwelik van ’n pastorie-egpaar mee.
Met die lyf en lyflike begeertes as fokuspunt, slaag Riette Rust daarin om die versplintering van die openbare en geheime lewens van gewone mense na vore te bring. Die literator Marius Crous sê oor die bundel: “Soos die titel van hierdie versameling kortverhale reeds suggereer, gaan die leser hier te doen kry met verhale oor die liggaam en belewenisse van die liggaam. En die leser word inderdaad nie teleurgestel met die aanbod nie. Dit is geile verhale oor die liggaam, die erotiek en die sluimerende wellus.
Goeie verhale. Goedgeskrewe en onderhoudend.”


OR

Details

Riette Rust is 'n vryskutjoernalis. Van haar kortverhale het reeds verskyn in Die melkweg het 'n ster laat val (saamgestel deur Riana Scheepers en Nicci Thabo), Literator, Insig en op LitNet.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Rust, R
Dimensies 137 x 213 x 137 cm
Formaat Sagteband
Bladsye 168
isbn 9781869195489
Genre Kortverhale

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.