×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Mimi: ’n Feesbundel ter viering van Mimi Coertse se sewentigste verjaardag

Van Rooyen, J (red)

Beskikbaarheid: In stock

R175,00

Quick Overview

Ter viering van Mimi Coertse se sewentigste verjaardag op 12 Junie 2002 het Johan van Rooyen, voormalige redakteur van De Kat, ’n feesbundel van die wêreldberoemde sopraan saamgestel. Dit bevat 115 foto’s uit Coertse se loopbaan, biografiese besonderhede, sowel as ’n omvattende opname van Coertse se optredes en plaat- en CD-opnames; laasgenoemde die eerste van sy soort, saamgestel deur argivaris Riek van Rensburg.
’n Indrukwekkende lys bekende figure – almal kennisse en vriende van Coertse – het bydraes tot die bundel gelewer. Met uitsondering van Eitemal, Opperman en De Vos se bydraes verskyn hierdie tekste vir die eerste maal in druk en die meeste is spesiaal vir die bundel geskep:
Riek van Rensburg – Oorsig van ’n lewe en loopbaan; Hennie Aucamp – Hoekom het jy teruggekom, Mimi?; Anna Bender – Met ’n kronkelpad; Evita Bezuidenhout – Lag en die wêreld lag saam; Elize Botha – ’n Brief vir Mimi; Phillippa Breytenbach – “Mima” – toe ons jonk was; Bettie Cilliers-Barnard – Afdruk van ’n akwarel; Pieter de Villiers – … and then she rushes around; Philip de Vos – ’n Operaster: onse Mimi; Eitemal – Aan Mimi Coertse; Acáma Fick – Die ontvanklike oor; Hans Gärtner – Mimi zum Geburtstag gewidmet; Stefans Grové – ’n Stem vars soos van weleer; Koos Human – Geheue loop ’n langpad; P.H. Jacobs – Aan Mimi Coertse – Naweekpos; Frits Kok – “Arme boerenôi” – kultuurikoon; Franz Marx – Aktrise ook?!; Nataniël – Die sagte hart; D.J. Opperman – Mimi Coér-tse!; John Roos – Suid-Afrika het rykdom in haar gevind; Christl Schönfeldt – My liefste Suid-Afrikaanse kind; Lina Spies – ’n Merel in Afrika; Lloyd Strauss Smith – Mimi; Pieter-Dirk Uys – Regsomkeer; Madeleine van Biljon – My hart skiet vol van heimwee; Johanni van Oostrum – My spesiale sangpedagoog; Johan van Rooyen – Ver in die wêreld – van Curci tot Coertse; Albie van Schalkwyk – Musiek maak met Mimi; Wessel van Wyk – Begeleier bely; Marinus Wiechers – An die Musik; Diskografie – Riek van Rensburg; Repertorium – Riek van Rensburg; Wenners van die Mimi Coertse-beurs; Deelnemers aan “Debuut met Mimi” en hul loopbane.

Dis Mimi wat vir ons “insit”, om middernag, soos dit immers hoort. Ek onthou nie dat ek al ooit verder gekom het as “eensaam wag” nie. Nie in Afrikaans óf Duits nie. Daarna word jy stil. Want jy onthou te veel. Die stemme rafel een-een uit. Mimi s’n ook maar (Johan van Rooyen).
OR

Details

Geen inligting oor outeur beskikbaar.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Van Rooyen, J (red)
Dimensies 215 x 215 x 215 mm
Formaat Hardeband
Bladsye 127
isbn 9781919825885
Genre Musiek

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.