More Views

Min Shaw: Sprokie van ’n liefling –’n Plakboek van herinneringe

Shaun Andrew Mynhardt

Beskikbaarheid: In stock

R250,00

Quick Overview

In hierdie pragboek word foto’s en memento’s uit Min Shaw se persoonlike fotoalbums en plakboeke opgeneem.

Min se herinneringe aan haar kinderdae, haar transformasie van onderwyseres tot sang- en filmster, en die mense wat haar op haar pad na sukses gehelp het, word in haar eie woorde weergegee. Min deel verder snaakse staaltjies uit haar verlede, skoonheidsgeheime en interessante “Min-feite”.

Sy vertel hoe haar geloof haar positief en plat op die aarde hou. Boodskappe aan Min van bekendes soos Corlea Botha, Franz Marx, Lance James en Leon van Nierop word ook ingesluit.

Die boek is ’n moet vir almal wat met Min Shaw se musiek grootgeword het of wat oor die algemeen belangstel in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Shaun Andrew Mynhardt is in Kaapstad gebore. Musiek en drama is in sy bloed, want hy is verlangs familie van die Suid-Afrikaanse akteur, wyle Siegfriedt Mynhardt. In 2012 is sy eerste boek, Gee haar ’n roos – Die lewensverhaal van Cora Marie, gepubliseer.

Hy het vir 10 jaar in die korporatiewe wêreld gewerk, voordat hy in 2011 SM Entertainment gestig het waar hy as ’n vermaaklikheidsbestuurder sy merk gemaak het. Onder sy maatskappy is groot produksies aangebied met van Suid-Afrika se grootste sangers, onder andere Min Shaw, Lance James, Clive Bruce, Tommy Dell, Cathy Viljoen, Manie Jackson, Jody Wayne, Tommy Oliver, Caroline du Preez, Riana van Wyk en Barneace Slabbert.

In 2015, ná ’n vriendskap van 21 jaar, het Shaun en Min Shaw begin werk aan die opskryf van haar herinneringe en ná baie kuiers, laat aande se gesels en honderde telefoonoproepe tussen hierdie twee kunstenaars, is Min Shaw se boek uiteindelik reg om gepubliseer te word.

Additional Information

Publisher Protea Boekhuis
Release date 21 Jan 2019
Skrywer Shaun Andrew Mynhardt
Dimensies 225 x 225 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 120
isbn 9781485309918
Genre Nie-Fiksie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.