×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Naamlose muse, Die

Krige, Uys

Beskikbaarheid: In stock

R20,00

Quick Overview

Hoewel Krige omstreeks 1964 van voorneme was om sy literêr-historiese opstelle en sy stukke oor die Afrikaanse taal onder bogenoemde titel te bundel, het hy dit helaas nooit gedoen nie. Hierdie bundel wil daardie voorneme ten uitvoer bring. Die bekende literator J.C. Kannemeyer het die stukke byeengebring en redaksionele wysigings aangebring wat setfoute, eenvormige spelwyse betref, en in enkele gevalle ’n woord of opskrif gewysig sonder om wesentlik aan die inhoud te verander.
“’n Swaarwigtige wetenskaplikheid en jargon moet ’n mens nie by hom [Krige] soek nie. Wanneer hy oor die bekoring van name vir visse en voëls skryf, doen hy dit met soveel geesdrif dat die leser saam met hom lekker kry oor al die mooi woorde. As hy sy jong sustertjie Mizzi raad gee oor hoe om te skryf, getuig sy brief van ’n wysheid en mensliewendheid wat ons aan Polonius se vermaninge in Shakespeare se Hamlet laat dink. En wanneer hy die vraag stel of Fagan se Ousus nie deur die kritiek onderskat is nie, is sy weloorwoë argumente maklik om te volg en plesierig om te lees.
“Selfs wanneer Krige indringend oor verwikkelde literêre aangeleenthede skryf, munt sy geskrifte uit deur die gemaklike gebruik en elegante styl. Dit is ’n deurwinterde skrywer en skeppende kunstenaar wat hier gevoelig oor taal en literatuur aan die woord is” (Kannemeyer).
OR

Details

Krige was 'n Suid-Afrikaanse skrywer van romans, kortverhale, gedigte en dramas.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Krige, Uys
Dimensies 156 x 229 x 156 mm
Formaat Hardeband
Bladsye 283
isbn 9781919825786
Genre Taal

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.