×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Neukery met die appelboom en ander essays, Die

Versfeld, M

Beskikbaarheid: In stock

R160,00

Quick Overview

Die neukery met die appelboom is ’n herdruk van essays van die Suid-Afrikaanse filosoof Marthinus Versfeld, wie se honderdste verjaardag vanjaar herdenk word. Die fokus van hierdie bundel essays is die mens se verantwoordelikheid teenoor die natuur en die omgewing. Op sy eiesoortige manier vervleg Marthinus Versfeld sy bespreking egter ook met wetenskapsieninge, geloofsoortuiginge, etiese kwessies, opvattinge oor die staatkunde en ander filosofiese vraagstukke. Só skryf hy in die essay met dieselfde titel as die boek:
“Hoofsaaklik is natuurbewaring persoonsbewaring. Daar is sekere dinge wat jy nie met ’n appelboom sou doen nie, omdat dit die persoon, die heelheid van die Eigenwelt sou skend. Waarna ons nog steeds soek, is die wandeling met God in die tuin, alhoewel ons steeds vasbrand teen die engel met die vlammende swaard. Miskien sal ons ’n stappie in die regte rigting doen as ons besef dat ons menslik is en nie met ’n appel moet foeter wat aan ons die maggewende kennis van God sal skenk nie. Bome en klippers het ook hulle regte wat eerbiedig moet word.”
Die bundel word ingelei deur André P. Brink en is aangevul met twee essays wat voorheen in SUM (1991) verskyn het.


OR

Details

Marthinus Versfeld was hoogleraar in Filosofie aan die Universiteit van Kaapstad. Hy was ook 'n buitelugmens wat oor bergklim, jag en visvang ewe onderhoudend kon skryf as oor die denke van Middeleeuse filosowe. Die herdenking van sy honderdste geboortedag vind in 2009 plaas. Hy was waarskynlik Suid-Afrika se eerste ware denker oor die omgewing.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Versfeld, M
Dimensies 137 x 213 x 137 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 64
isbn 9781869192907
Genre Filosofie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.