×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Nuwe Hervorming, Die

Muller, P (red) et al

Beskikbaarheid: In stock

R60,00

Quick Overview

Die omstrede Nuwe Hervorming en die Jesus-seminaar lok heftige reaksie in die pers uit. Ook Radiosondergrense het tot die polemiek toegetree, met debatte oor Flip Loots se besprekingsprogram “Oop gesprek” en Magdaleen Kruger se nuusbesprekingsprogram “Rekenskap”. Laasgenoemde program het die sterkste reaksie in sy bestaan uitgelok nadat me. Kruger drie “gewone gemeentelede” laat praat het oor hoe hulle die Kerk ervaar. Die Nuwe Hervorming voorsien in die behoefte aan ’n vollediger uiteensetting hiervan.
Agt vakkundiges spreek hierin kontroversiële onderwerpe aan soos die postmoderne gelowige, alternatiewe vorme van spiritualiteit, die Kerk se miskenning van vroue, die historiese Jesus, historiese feite en die Bybel, interpretasie(s) van die werklikheid, en die Evangelie van Thomas wat in 1945 in Egipte ontdek is. (Die Afrikaanse vertaling van die Evangelie van Thomas is tans ook by Protea Boekhuis beskikbaar.) Die doelstelling is om God op eietydse maniere te herontdek, om teologies ongeskoolde gelowiges te betrek by ’n herverbeelding van God.
Die outeurs is Piet Muller, Hansie Wolmarans, Wilhelm Jordaan, Sakkie Spangenberg, Maretha Jacobs, Pieter F. Craffert, Jacques en Carol Kriel, Pieter J.J. Botha.
OR

Details

Parlementslid sedert 1988. Leier van die Vryheidsfront Plus. Verwerf op 26 die doktorsgraad in Kommunikasiekunde. Deel van die onderhandelingspan met die ANC voor die 1994-verkiesing. Belangstellings: muurbal, lees, sterrekunde, geskiedenis. Getroud met Triena, ’n wiskunde-onderwyseres en hulle het 5 kinders. Tydens parlementsittings is hy tuis in Kaapstad, naweke by sy huis in Potchefstroom. Beskikbaar vir onderhoude.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Muller, P (red) et al
Dimensies 137 x 210 x 137 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 248
isbn 9781869190095
Genre Teologie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.