×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Omstrede land: Die historiese ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Grondvraagstuk in Suid-Afrika, 1652-2011

Changuion, L; Steenkamp, B

Beskikbaarheid: In stock

R265,00

Quick Overview

Die debat oor grondhervorming kan slegs sinvol plaasvind wanneer die historiese verloop van grondverdeling in Suid-Afrika in ag geneem word.
Omstrede land bied ’n deeglike oorsig oor die ontstaan en verloop van die probleem met grondbesit in suidelike Afrika vanaf 1652 tot 2011. Die boek beskryf hoe dit gebeur het dat die wit minderheidsbevolking in 1980 ongeveer 73% van die grondoppervlakte besit het, terwyl die swart volke slegs 14% besit het (12 % het aan die staat behoort).
Die rol van veral wetgewing en kommissies van ondersoek in die ontwikkeling van Suid-Afrika se grondbeleid word belig.
Nadat apartheidswetgewing geleidelik sedert 1980 verwyder is, het ’n verdere wending gekom nadat die ANC die Regering van Nasionale Eenheid vervang het. Die wanbalans in grondbesit moes nou reggestel word deur grond weg te neem van die blanke grondeienaars, wat by verre die grootste deel van die landbougrond besit, en dit aan die swart bevolkingsgroep, wat tussen 75% en 80% van die totale landsbevolking uitmaak, beskikbaar te stel. Die veronderstelling is dat die meeste blanke grondeienaars (of hulle voorsate) die grond wat hulle besit wederregtelik bekom het en dit aan die ‘regmatige’ eienaars moet teruggee. Party Suid-Afrikaners is van mening dat die totale grondbesit in swart hande moet wees soos in die tyd toe Afrika swart was en wit mense slegs in Europa eiendom besit het.
Louis Changuion en Bertus Steenkamp stel die vraag of grondhervorming deur middel van onteiening in Suid-Afrika wel haalbaar of nodig is. Is daar ander maniere om die wanbalans reg te stel en kan die wit en bruin bevolkingsgroepe daarop aanspraak maak dat die grond ook aan hulle behoort?



OR

Details

Prof. Louis Changuion behaal sy doktorsgraad in Geskiedenis aan UNISA. Hy werk vir 'n aantal jare by die Nasionale Kultuurhistoriese Museum in Pretoria waarna hy vanaf 1971 aan die Universiteit van die Noorde verbonde is. By sy aftrede in 2002 is hy professor in Geskiedenis. Benewens 'n groot aantal tydskrifartikels en referate is hy die outeur van 16 boeke.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Changuion, L; Steenkamp, B
Dimensies 222 x 152 x 222 mm
Formaat Hardeband
Bladsye 471
isbn 9781869195090
Genre Geskiedenis

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.