×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Ons Japie. Die Boereoorlogdagboek van Anna Barry

Barry, Anna

Beskikbaarheid: In stock

R220,00

Quick Overview

Wanneer ’n mens aan die ervarings van Boerevroue en -kinders tydens die Anglo-Boereoorlog dink, is die outomatiese konnotasie dié van konsentrasiekamplyding. ’n Fassinerende en grotendeels onbekende buitebeentjie in hierdie genre is die dagboek van Anna Barry, waaruit ’n unieke en veelkantige beeld van die oorlog na vore kom. Aan die een kant van Anna se oorlogservaring staan haar broer Japie – ’n begeesterde jong soldaat wat uiteindelik as krygsgevangene op Ceylon sterf. Hierteenoor lê haar geliefde pa Thomas (aanvanklik ’n gerespekteerde veldkornet) al in 1900 die eed van neutraliteit af, en wag hy die grootste gedeelte van die oorlog in die neutrale Basoetoland uit. Vir die tienderjarige Anna is die oorlog as gevolg hiervan ’n uiters verwarrende ervaring en haar dagboek bied ’n sonderlinge blik op die gefragmenteerdheid en buigbaarheid van konsepte soos “identiteit”, “nasie” en “volk”. Die feit dat die dagboek eers in 1960 vir die eerste keer gepubliseer is en daarna grotendeels in die vergetelheid verval het, is verder veelseggend in terme van hoe Anna self verwag het haar ervarings kort ná die oorlog ontvang sou word – maar ook in terme van hoe blinde lojaliteit aan sekere groepe so dikwels in die geskiedenis van Suid-Afrikaners vereis is. Die dagboekteks, geboekstut deur Ena Jansen se insiggewende en verhelderende voor- en nawoord, bied nie slegs ’n sonderlinge blik op die Anglo-Boereoorlog nie, maar is verweef met kwessies van taal, politieke mag en sosiale status wat vandag nog net so relevant is soos toe die dagboek geskryf is.
OR

Details

Anna Barry is in 1884 op die plaas Tweefontein in die Vrystaat gebore en is in 1964 in Bloemfontein oorlede. Saam met haar moeder en twee susters het sy die hele Anglo-Boereoorlog grotendeels as waarnemer beleef: eers vanaf die familieplaas Abrikooskop, en daarna vanuit Basoetoland. Sy is ná die oorlog met die gesiene prokureur Charlie Reitz getroud en is later in die Engelssprekende gedeelte van die Bloemfonteinse gemeenskap opgeneem. Haar dagboek (waarvan enkele oorspronklike bladsye in die Bloemfonteinse argief bewaar word) het lewenslank vir haar ’n noemenswaardige familiedokument gebly, maar is eers vier jaar voor haar dood, in 1960, gepubliseer.

Additional Information

Publisher No
Release date 06 Jul 2016
Skrywer Barry, Anna
Dimensies 137 x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 200
isbn 9781485306177
Genre Outobiografie / Geskiedenis

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.