×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Ontsluier die heelal: ’n Inleiding tot sterrekunde

Van Zyl, JE

Beskikbaarheid: In stock

R365,00

Quick Overview

Van Zyl het buitengewone sukses behaal met Unveiling the Universe en dit word steeds internasionaal as een van die gesaghebbendste werke op dié gebied erken. Die omvangryke Ontsluier die heelal is tans die enigste Afrikaanse sterrekundeboek en is sedert die Engelse uitgawe deeglik hersien en op datum gebring, byvoorbeeld deur insluiting van bevindings van die Hubble-ruimteteleskoop sowel as dié van satelliete soos die Hipparchos.
Van Zyl se doelstelling met hierdie publikasie is om die beginsels van sterrekunde toeganklik te maak vir almal, om ’n teks daar te stel wat bruikbare toeligting vir die amateursterrekundige is en kan dien as voorbereiding vir verdere studie in die sterrekunde. Van Zyl se eenvoudige, onderhoudende skryfstyl dra verder by tot die boek se toeganklikheid vir sterrekundiges sowel as leke met ’n besondere belangstelling in die heelal. Deurgaans word gepoog om te verduidelik hoe sterrekundiges te werk gaan. Om begrip te vergemaklik, verskyn ook 11 bladsye bylaes waarin die wiskunde wat gebruik word uit grondbeginsels herlei word. Dit bevat gedetailleerde beskrywings en verduidelikings van die heelal se geheime. Inligting oor nuwe ontdekkings en teorieë, kleurvolle diagramme en foto’s verhoog die waarde.




OR

Details

Van Zyl was senior lektor in die Departement Toegepaste Wiskunde, lektor aan die Planetarium, Witwatersrandse Universiteit en Voorsitter van die Transvaalse Sentrum van die Astronomiese Vereniging van Suider-Afrika. Hy is oorlede.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Van Zyl, JE
Dimensies 220 x 280 x 220 mm
Formaat Hardeband
Bladsye 353
isbn 9781919825441
Genre Sterrekunde

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.