×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Oor gode en afgode

Versfeld, M

Beskikbaarheid: In stock

R170,00

Quick Overview

Oor gode en afgode is ’n herdruk van ’n vyftal essays van die Suid-Afrikaanse filosoof Marthinus Versfeld. Die bundel het oorspronklik reeds in 1948 verskyn, maar die kwessies wat hierin bespreek word, is vandag steeds aktueel. Versfeld se groot bekommernis hier is dat die Westerse mens se opvatting van redelikheid en sy verhouding met die wêreld om ons, sedert die Verligting baie verskraal het. Met verwysings na die kerkvader Augustinus en groot Middeleeuse filosowe soos Thomas van Aquinas, toon Versfeld aan dat hierdie ouer denkers se sienings van die skepping en die Skepper tot ’n meer geïntegreerde beeld van die mens en sy plek in die werklikheid kan bydra, ’n siening wat ook in ons postmoderne era aanklank by denkende lesers behoort te vind. Die bundel bevat verder ’n kritiese bespreking van die Franse filosoof Jean-Jacques Rousseau en die oordrewe rol van die Staat in ons tyd (iets wat bekommerde Suid-Afrikaners met instemming kan lees), die verval in moraliteit en die oorheersing van die masjien in die lewe van die gewone mens. Dit is nie Versfeld se toeganklikste werk nie, maar die skrywer slaag steeds daarin om ingewikkelde filosofiese begrippe in eenvoudige taal oor te dra.
Die bundel word ingelei deur prof. Ernst Wolff, ’n kenner van die werk van Versfeld.


Marthinus Versfeld was hoogleraar in Filosofie aan die Universiteit van Kaapstad. As toegewyde Katoliek én kenner van Oosterse filosofie het sy werk ’n geestelike kwaliteit wat vandag weer nuwe betekenis kry.



OR

Details

Marthinus Versfeld was hoogleraar in Filosofie aan die Universiteit van Kaapstad. As toegewyde Katoliek- 'n kenner van Oosterse filosofie het sy werk 'n geestelike kwaliteit wat vandag weer nuwe betekenis kry.

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Versfeld, M
Dimensies 137 x 213 x 137 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 204
isbn 9781869193621
Genre Filosofie

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.