×

Registration

Profile Informations

Login Datas

or login

First name is required!
Last name is required!
First name is not valid!
Last name is not valid!
This is not an email address!
Email address is required!
This email is already registered!
Password is required!
Enter a valid password!
Please enter 6 or more characters!
Please enter 16 or less characters!
Passwords are not same!
Terms and Conditions are required!
Email or Password is wrong!

More Views

Op ver paaie

Schoeman, PJ

Beskikbaarheid: In stock

R160,00

Quick Overview

Wanneer PJ Schoeman tydens ʼn jagtog na die Kaokoveld in die destydse Suidwes-Afrika reis, is dit die begin van ʼn onverwagse verkenning van die gees. Sy aanvanklike soektog na ’n wilde perd verander spoedig in ʼn simboliese reis: ’n Soeke na wat eg, ongeskonde en ongebonde is. Sy roete kruis met dié van ʼn inheemse stam wat hom op ver paaie lei en die misterie en romantiek van hul bestaan aan hom ontbloot. Hy beleef die wilde dans van die bloubokkie, hoor die rou weeklag van die leeu en sien die trane van die eland. Hy ontmoet ook vir Tjimaka, die vrou met heimwee in haar oë, en besin oor die stadsmens se verlies aan eenvoud.

Schoeman se teks voer lesers mee na plekke waar die natuurkind se stem eens langs die vuur opgeklink het, maar nou deur die wind weggewaai is. Saam met die jagter gaan oë en harte weer oop vir die veld en diere en word daar nagedink oor wat werklik van waarde is in die lewe.

PJ Schoeman is bekend vir sy jagstories. Hierdie is weer ʼn boek waar hy vertel van ondervindinge tydens ʼn jagtog in die ou Suidwes-Afrika, maar dit is nie net gewone stories nie. Die simboliek agter die vertellinge maak van hierdie boek iets besonders.

OR

Details

Die geliefde skrywer PJ Schoeman (1904-1988) was van 1951 tot 1956 hoofveldwagter in Namibië – ’n ervaring wat sterk neerslag sou vind in sy skryfwerk. Hy het menigte toekennings verwerf, onder meer die Scheepersprys vir Afrikaanse Jeuglektuur en Perskorprys vir Jeuglektuur. Sy boeke word steeds wyd gelees

Additional Information

Publisher Proteaboekhuis
Release date 30 Nov 2000
Skrywer Schoeman, PJ
Dimensies 213 x 137 x 213 mm
Formaat Sagteband
Bladsye 176
isbn 9781485301035
Genre Herinneringe

Product Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.

My Cart

You have no items in your shopping cart.